Wednesday, 22 January 2025

Aanklaer

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo.

AANKLAER: 

(aankla / aangeklaag)

Die begrip "aanklaer" word hier bespreek, veral in konteks met die wat loop en fout soek, asook die "vals aankla" (bv. kwaadsprekers en bedrieërs).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vir wet en orde is aanklaers belangrik, maar daar is mense wat sit en loer om iemand "aan te kla" met die doel om met die persoon weg te doen. 'n Goeie voorbeeld is in Matt. 12:10 (Mark. 3:2) toe Jesus die man met die verdorde hand op die Sabbat gesond maak, en hulle dit as rede gebruik om Hom aan te kla. Mark. 3:2 leer dat hulle Hom in die oog gehou het, of Hy die persoon op die sabbat gesond sou maak sodat hulle Hom kon aanklae... Dit is dan veral in hierdie konteks waarna ons na die woord "aanklaer" kyk in hierdie kort verduideliking (dit gaan bv. oor die wat loop en fout soek sodat hulle iemand kan AANKLA).

Openb. 12:10 leer dat die duiwel (groot draak, ou slang, Satan - Openb. 12:9) is die groot AANKLAER (Openb. 12:10, Gr. woord "kat-ay'-gor-os" - "aankla", 'n klag le - wat verwys na die persoon wat die proses van 'n regsaak begin, die klaer kla iemand aan van iets krimineel...) wat ons voor God dag en nag aankla..., en 1 Pet. 5 leer verder dat die duiwel ons teëstander is en soek om ons te verslind (1Pe 5:8 "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind") - dit is dan ook immers sy doel waarom hy ons wil aankla! - nie om jou 'n kans te gee om jouself te verdedig nie, maar om jou te verwoes. Mense neem baiemaal hierdie rol op - kyk bv. Dan. 3 waar die Jode aangekla was omdat hulle nie die goue beeld wat koning Nebukadnésar gemaak het aanbid het nie - in die Hebreeus kan die woord "aangekla" daar (in Dan. 3:8) o.a. verwys na "verslind of eet", wat in konteks beslis verwys na die doel..., nl. om te veroordeel (verwoes). Vir nog 'n vb kyk Dan. 6.  Die woord "aangeklaag" in hierdie skrifte is bietjie anders as bv. die Afrikaanse woord "beskuldig", want in hierdie konteks beteken dit "aankla met die doel om te verwoes", terwyl in die geval van "beskuldig" (soos om beskuldigings teen iemand in te bring) dit liewer 'n verduideliking of 'n antwoord eis... (Matt. 27:11,12; Mark. 15:3). 

Een van die kenmerke van verleier(Openb. 20:10; Job 1:9; Sag. 3:1,2; Luk. 22:31) is dat hulle mense VALS AANKLA (is m.a.w. 'n vorm van laster)(bv., die duiwel het vir God vals aangekla toe hy vir Eva probeer mislei, deur voor te gee dat God nie die waarheid gepraat het toe Hy gese het dat hulle sal doodgaan as hulle ongehoorsaam is nie). Die manier hoe 'n verleier iemand "vals aankla" is bv. deur voor te gee dat die ander persoon lieg terwyl dit nie so is nie... (vals aanklaers se doel is om mense te bedrieg en dit is waarom hulle laster). Iets waaraan diesulkes baiemaal herken kan word is die feit dat hulle gedurig loop en fout soek by ander... - veral by die wat die waarheid verkondig!  Hulle soek iets waarmee hulle hul kan aankla. Kwaadsprekers val ook onder die groep van "valse aanklaers", want hulle sal loop en vals stories versprei asof dit die waarheid is (m.a.w., hulle "laster")(Lev. 19:16; 1 Kor. 5:11).  Hierdie mense is wetend! - hulle weet goed wat is die waarheid maar verdraai dit opsetlik... 'n Ander woord wat dus ook in hierdie verband na op ingekyk kan word is die term "laster", want 'n lasteraar weet goed wat is die waarheid maar hy verander die waarheid in 'n leuen. Die doel van lasteraars is om ander te mislei en verlei (Matt. 24:11,24; 2 Pet. 1:1,2) (hulle spreek/verkondig bv. self nie die waarheid nie, en wil he dat mense liewer in hulle glo as in die waarheid wat deur die ander een verkondig word - hulle bedrieg, en probeer op so 'n manier mense verlei om die leuen te glo). Die duiwel is 'n lasteraar (Joh. 8:44 - wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie), maar somtyds neem mense hierdie rol op! (1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Die begrip "aanklaer" in hierdie konteks verwys nie na onkundiges nie (alhoewel onkundiges ook somtyds mense mislei).  Ander groepe waarin ook ingekyk kan word rakende hierdie tema is "valse leermeesters" (die wat die waarheid verdraai), "valse profete" (die wat voorgee dat hulle van die Here hoor maar nie doen nie), en valse broeders (die struikelblokke in die kerk/ingesluiptes)(1 Kor. 11:26; Gal. 2:4; Hand. 17:5,6;21:28-31; 24:5), want dit is hierdie mense wat loop en fout soek by ander; en die rede waarom hulle dit doen is met die doel om hulle aan te kla... - en hulle sal selfs laster om hulle doel te bereik. 

Openb. 12:11 leer vir ons 'n manier om die duiwel se aanklagte te oorwin, en dit is deur die bloed vd Lam en deur die woord van ons getuienis (deur ons "lewens vir Jesus Christus af te lê"). Inderdaad, om nie geoordeel te word nie, het ons vergifnis nodig, asook nodig om 'n heilige lewe te lewe. Maak nie saak watter aanklagte die duiwel of mense teen jou aanbring nie, die persoon wie se sonde vergewe is en vashou aan die geloof. word deur die Here beskerm. Wanneer iemand vashou aan die geloof en die duiwel teëstaan (1 Pet. 5:9) dan kan die duiwel se aanklagte geen krag hê nie (die saak moet dan noodwendig uitgegooi word). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Aanstoot

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe ...