Monday, 17 March 2025

Aannemer van die persoon

 Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AANNEMING VAN DIE PERSOON:

Aanneming, Vergifnis, Guns, Vrees.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Rom 2:11; Ef. 6:9; 1 Pet. 1:17; Hand. 10:34,35).  God is nie 'n aannemer van die persoon nie (Rom 2:11), asof Hy sekere mense voortrek en ander nie... - maar Hy sal elkeen vergeld na sy werke (Rom. 2:6)("verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen"/v.9; "maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen"/v.10). Hoeveel guns die Here aan iemand bewys gaan nie oor status of hoeveel jy vir die Here werk/bedien of so nie, maar gaan oor of jy die Here vrees en Sy geregtigheid doen. Dieselfde tema word bv. ook aangeraak in Ef. 6 waar daar van Christen slawe verwag word om hulle Christelike here te gehoorsaam..., maar op dieselfde wyse verwag die Here van daardie leiers om Hom ook te gehoorsaam (Ef. 6:5-9). Hy trek nie die base voor bloot omdat hulle vir Hom werk of kyk na hoeveel hulle werk nie (Matt. 20:1-16), bv. verwag nie van hulle minder gehoorsaamheid (asof Hy meer guns aan hulle bewys nie), maar verwag dat hulle die Here gehoorsaam net soos daar gehoorsaamheid verwag word van die wat onder hulle dien (Ef. 6:9). 

God is nie 'n aannemer van die persoon nie, en Hy verwag dat Sy kinders dieselfde gesindheid toon! Mense val somtyds in hierdie strik, bv. dat hulle dink die Here verwag nie van hulle wat Hy van ander mense verwag nie (asof hulle meer verdien of verdien om voorgetrek te word). Die gevolg van so 'n miskonsepsie is gewoonlik dat hulle ander oordeel, bv. dat diesulkes van ander mense verwag om reg te doen maar hulle verwag dit nie van hullself nie... (Rom. 2:1-11)(hulle wil die splinter uit hulle broer se oog haal, maar dink dat God die balk in hulle eie oog sal oorkyk omdat hulle na hulle mening in Sy guns is). Christene wat nie broeders wil vergewe nie het ook baiemaal hierdie miskonsepsie; bv., dat hulle dink hulle self geregtig is op vergifnis maar die ander nie.  Of jy iemand vergewe, moet nie gaan oor wie jy voortrek of graag wil vergewe nie, maar gaan oor of die persoon berou het oor sy sonde... (Luk. 17:3,4). Die Here vergewe almal wat hulle sonde teenoor Hom bely en berou het, en Hy verwag dieselfde van ons! (tot 70 x 7 maal). Jesus voel sterk oor hierdie dinge en het o.a. geleer dat die wat nie vergewe nie ook nie vergewe sal word nie (Matt. 6:15; Matt. 18:35; Mark. 11:26); m.a.w., Hy verwag van ons ook om nie " 'n aannemer vd persoon" te wees nie (Matt. 18:21-35). 

Guns geskied op ditto kriteria vir alle mense. Die Here verwag van alle kinders van die Koninkryk om 'n heilige lewenswandel te leef (moet Hom vrees en Sy geregtigheid doen)(1 Pet. 1:14-17); nie net sommige gelowiges asof die Here 'n aannemer vd persoon is nie, maar Hy verwag dit van almal (1 Pet. 1:17)(Hand. 10:34,35 - "En Petrus het sy mond geopen en gesĂȘ: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Urls op die WareChristene blog waarop hierdie onderwerp o.a. bespreek word, of onderwerpe wat hierby aanpas:
- https://warechristene.blogspot.com/2020/03/aanneming-tot-kinders.html


Aanstoot

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe ...