Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo.
GODDELOSE MENSE:
goddelose mense, slegte mense, goddeloosheid, gruwel, ingesluiptes, onkruid, wolwe
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Goddelose mense is SLEGTE MENSE (-onregverdiges/Job 16:11; Matt. 13:49; Gen. 18:23)(die woord "goddeloos" beteken sleg, en verwys o.a. na die wat nie die Here vrees nie). Wat die "slegte visse" onder die kinders vd Koninkryk aanbetref, het Jesus geleer dat hierdie onregverdiges afgeskei sal word vd regverdiges wanneer Hy terugkom (en hulle sal in die vuuroond gegooi word)(Matt. 13:47-50). Goddelose mense word o.a. voorgestel as BOOS en "vyande vd Here" (en dus vyande van die regverdiges)(Es. 9:24,25; Nah. 1:2), maar hulle weg sal vergaan.., hulle sal uitgeroei word vd aarde (Ps. 1:6; 37:34; Jud. 1:15; Sef. 1:3) - en ons sien dat die Here dit alreeds op verskeie male gedoen het! (bv. die sondvloed, Sodom en Gomorra, Korag se bende.../Gen. 18:20-33; 19:13,24; Num. 16:2,3,10,11; 2 Pet. 2:5; 3:6) - en Hy gaan dit weer doen! (2 Pet. 3:7)("wanneer die goddelose die maat volgemaak het").
Daar is heelwat groepe wat onder die "goddeloses" getel word, o.a. verleiers soos valse profete, die ongeregtiges, die wederstrewig en eiesinniges, die wat nie die Here as bron gebruik nie/afgodedienaars, die onregverdiges, die wellustelinge en sodomiete, murmureerders en lasteraars en kwaadsprekers, die wat die Here verag/teestanders/vyande van God (en van Sy volgelinge), trotsaards en gierigaards, rowers en diewe, hoogmoediges, geweldenaars en moordenaars, die wat hulleself mislei, die wat rykdom begeer, ens. (Ps. 73:12; 36:5; 71:4; Hand. 2:23; 20:29; 2 Tim. 3:13; Ps. 10:5,6,8-10; 17:9-12; 35:3; 37:21; 71:4; Spr. 10:11; 13:5; 17:23; Jud. 1:4; Jer. 13:10; 1 Sam. 24:12-14; 1 Kron. 18:1; 2 Kron. 19:2; 24:7; 2 Sam. 24:14; Num. 16:2,3,10,11; Jud. 1:14-16; 1 Kor. 6:8-10; Gen. 8:23; Mal. 3:18; ens.). Kyk gerus hoe dit ooreenstem met spesifieke groepe in die Skrif wat genoem word "wie nie die Koninkryk sal beerwe nie"... (1 Kor. 6:10") - kortom, GODDELOSE MENSE SAL NIE DIE KONINKRYK BEERWE NIE (al beweeg hulle onder die kinders van die Koninkryk)(2 Pet. 2:9; 1 Kor. 6:8-10).
Die offer en wandel van die goddelose is vir die Here 'n GRUWEL (Spr. 15:8,9; 21:27) - hulle doen juis die dinge wat vir die Here afstootlik is, bv. trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai-Spr. 6:16-19. Goddelose mense/onregverdiges toon ook baiemaal die optrede waar hulle onregverdigheid regmaak en die regverdige skuldig verklaar (Spr. 17:15; 24:24), bv. om partydig te wees of omkoopgeskenke aan te neem, onregverdige wins maak, ens. (Spr. 24:23; Eseg. 22:27-29). In die boek van Judas word hulle o.a. beskryf as die wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:17,18) - bestudeer gerus die boek van Judas om meer te leer oor na wie "die goddeloses" verwys (bv. die ingesluiptes, die wat die genade van God verander in ongebondheid, die wat hulle eie beginsel nie bewaar nie, die wat agter vreemde vlees aan hoereer, die vlees in hulle dromerye besoedel, die heerskappy verag, lasteraars, vrugteloos, dwaalsterre, sinnelik, mumureerders, mense wat skeuring maak, ongehoorsames, ens. Alhoewel hierdie mense somtyds tussen die kinders vd Koninkryk beweeg, verloën hulle die Here en is ongelowig, en het nie die Heilige Gees nie. Nog spesifieke groepe wat onder die goddelose gereken kan word, van mense wat o.a. onder die kinders van die Koninkryk beweeg, is "spotters", "onkruid" (is vals en deur die bose daar gesaai), "wolwe" (die valse profete), en "valse broeders".
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html
https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html
https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html
https://warechristene.blogspot.com/2021/12/die-boek-van-judas.html
https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html
https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html
https://warechristene.blogspot.com/2025/04/wolwe-valse-profete.html
https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2021/12/koring-en-onkruid.html
https://warechristene.blogspot.com/2022/01/ongebondenheid.html
https://warechristene.blogspot.com/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html
https://warechristene.blogspot.com/2024/01/laster-godslasterlik-kwaadspreek.html
https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html
https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-toorn-van-god.html
https://warechristene.blogspot.com/2024/01/laster-godslasterlik-kwaadspreek.html
https://warechristene.blogspot.com/2017/10/begeer.html
https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html
https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/06/vriend-of-vyand.html
https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/06/valse-broeders.html