Saturday, 8 March 2025

Aanneming tot kinders

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AANNEMING TOT KINDERS:

Aanneming, Kinders van die geloof, Opstanding, Wegraping, Verheerlikte/Onverganklike liggame, Opstanding tot lewe, Kinders van die Opstanding, Eerste Opstanding

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kinders vd geloof:  Die wat aangeneem word tot kinders van God, verwys na die KINDERS VAN DIE GELOOF- hulle is die kinders van die belofte (Rom. 9:4-8). Alhoewel die belofte van aanneming tot kinders gemaak is aan 'n spesifieke geslag van mense op aarde, verduidelik Paulus in Rom. 9 dat "Israeliete" nie bloot verwys na die wat uit die vlees gebore is as Israeliet nie, maar veral verwys na die wat "KINDERS VAN DIE GELOOF" is (Rom. 9:6,7).  Hulle is die ware nageslag... (Rom. 9:8). 

Erfenis: Die wat deur God AANGENEEM word TOT KINDERS is noodwendig die wat eendag gaan ERF (Openb. 21:7), en hulle kry dus onverganklikheid (kyk die tema van weergeboorte en opstanding). Hierdie verwys na die wat in Christus gedoop (en met Hom beklee) is (Gal. 3:15-29). Jesus is die erfgenaam (Hebr. 1:1,2; 2:8,9; Ps. 2:6,9; Matt. 21:38; 28:18; Joh. 13:3; Kol. 1:17,18), so as jy wil erf moet jy aan Hom behoort! en die Heilige Gees ontvang (Joh. 17:2; Rom. 8:17; 1 Kor. 3:23; 15:23; Ef. 3:6)(Gal 3:16).  'n Dienskneg kan nie erf nie... (daarom, as jy bv. "onder die wet" is kan jy nie erf nie, want dan is jy soos 'n dienskneg)(Rom. 4:13,14), maar as jy "onder die Gees" is (dus onder Jesus Christus, wie ook aan jou die Heilige Gees gee) dan is jy kind en kan dus erf (Gal. 4:1-7). Dit is die manier deur die Vader geskep hoe iemand aangeneem kan word, en dit is deur geloof in die erfgenaam Jesus Christus - deur geloof ontvang jy kindskap (Rom. 15:7 - word deur Jesus aangeneem) en word onder die kinders van die belofte ingedoop (Gal. 3:7);  in ander woorde, as jy aan Hom behoort dan is jy deel van die wat gaan erf... (Gal 3:29). Die wat die Heilige Gees ontvang het en hulle deur die Gees laat lei, word dus alreeds gesien soos kinders van God (Rom 8:14-16; Gal. 4:5);  alhoewel hulle aanneming eers voltrek word in die opstanding omdat hulle nog verganklike liggame het (Rom. 8:23). Die wat die Heilige Gees ontvang het word dus alreeds gesien soos kinders van God en mense wat deur Hom aangeneem is (Rom_8:15).  Die begrip "aanneming tot kinders" verwys dus veral na die wat hulle deur die Gees van God laat lei... (Rom. 8:14)(nie die ongehoorsames, onbarmhartiges, afvalliges en goddelose nie);  of anders gestel, die wat die Heilige Gees ontvang het is die wat aangeneem word en die aanneming word in die opstanding voltrek... (Rom 8:15-17). Weergeborenes word deur die Heilige Gees in bewaring gehou tot die dag waarop hulle liggame ook verlos sal word (wanneer hulle onverganklike liggame kry)(Gal. 4:4-7; Ef. 1:7; Kol. 1:14; Hebr. 9:12,15).  

Aanneming word in die opstanding voltrek: Ons moet verstaan dat alhoewel "geestelike mense" alreeds gesien word soos kinders van God en deur Hom aangeneem omdat hulle sondes afgewas en hulle die Heilige Gees het (vernuwe is)(Rom 8:14,15)(hulle is soos mense gebore uit Hom/Joh. 3:3-8;1Pet. 1:23;Tit. 3:5, en kinders van Jesus Christus/Gal. 3:27, en van Sy vlees en bene/Ef, 5:30) en dus die belofte het van erfenis (is uit Hom gebore)(Rom. 8:17) en ewige lewe (gebore uit onverganklike saad), is hulle uiterlike mens (wat somtyds bloot na verwys word as "die liggaam") nog nie vernuwe nie (is verganklik - gaan dood). Die begrip "aanneming tot kinders" kan dus o.a. beskryf word as die tyd wanneer die liggaam verloword... (Rom. 8:23)(sien "die OPSTANDING"), want die "aanneming tot kinders" word dan eers volkome voltrek (wanneer die mens 'n onverganklike liggaam kry). Noodwendig kan die natuurlike mens nie erf nie want hy is verganklik!;  maar KINDERS VAN DIE GELOOF (kinders vd belofte) kan onverganklikheid verkry;  anders gestel, hulle het die belofte dat hulle eendag onverganklike liggame sal kry (en dit sal op beurt ook 'n bewys wees dat hulle AANGENEEM IS). Die OPSTANDING is beslis iets waarna weergeborenes uitsien, want die AANNEMING (Gr. woord "hwee-oth-es-ee'-ah", wat verwys na hoe iemand 'n seun of kind word) TOT KINDERS (Rom. 8:15) word dan voltrek... (Rom_8:23)

Onverganklikheid: Die begrip "aanneming tot kinders" (van God) verwys na hoe iemand deel word van die Here se familie (wat o.a. verwys na die wat onverganklikheid verkry-Rom. 8:15,23) -  "wie se kind jy is" (wie se saad in jou is) bepaal dus of jy eendag gaan erf of nie (Rom. 8:15).  Dit is waarom die mens nodig het om deur God aangeneem te word..., want solank jy 'n kind van Adam (verganklik) is kan jy nie erf nie - in ander woorde, vlees en bloed kan nie die Koninkryk beërwe nie... (1Kor. 15:50)(en die rede hiervoor is veral omdat die mens verganklik is - is uit Adam se saad gebore). Slegs mense wat uit God se saad gebore is en dus onverganklikheid het, kan eendag erf... Die wat eendag "opstaan tot lewe" sal onverganklike liggame kry wat vir ewig lewe, en tereg! want dit is wat van "kinders van God" verwag word..., is dat hulle vir ewig sal lewe omdat hulle gebore is uit onverganklike saad (wat noodwendig beteken dat hulle dan onverganklik is...).  Hierdie kan alreeds gese word van die innerlike mens vd weergeborene;  of liewer, die innerlike mens word dag na dag vernuwe... (2Kor. 4:16; Tit. 3:5; Rom. 7:22; 12:2; Ef. 3:16; 4:23,24; 1 Pet. 3:4; Kol. 3:10)(Ef. 2:11-15), en is daarom instaat om "vrug tot (ewige) lewe" te dra. In daardie opsig is die nuwe lewe soos iets wat weergeborenes daagliks aantrek (om dit beter te verstaan, bestudeer die tema van bekleding en wat dit beteken om "met Christus beklee" te wees) en wanneer Jesus terugkom sal die uiterlike mens ook vernuwe word. Geestelike mense word o.a. gesien as mense wat God se saad in hulle het (is gebore uit Sy onverganklike saad - is dus "onverganklik"), maar duidelik is geestelike mense (gereddes/weergeborenes) se uiterlike (liggame) nog nie vernuwe nie! (want as dit was sou hulle nie doodgaan nie...);  en daarom kan die "aanneming tot kinders" eers in die opstanding voltrek word. Dit is waaroor weergeboorte gaan... - wanneer iemand deur God "aangeneem word" verkry hy onverganklikheid... (kan nie doodgaan / kry ewige lewe) - dit is soos "om oor gebore te word", maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie, maar uit God se saad (deur water en Gees / afwassing van sonde wat deur Jesus verkry word, en Jesus gee die Heilige Gees aan die wat in Hom glo).  Die innerlike mens sowel die uiterlike mens moet dus vernuwe word voor iemand kan erf... (voor jy kan erf moet jy aangeneem word as kind, en die manier hoe jy kind word is deur die vernuwing). Die manier hoe die mens maw vernuwe word en onverganklikheid verkry, is deur "weergeboorte" (deur water en Gees)(water=afwassing van sonde, en gees=ontvang die Heilige Gees), en diesulkes het dan die belofte dat hulle uiterlike mens ook vernuwe sal word wanneer Jesus terugkom - dan sal Hy vir die wat in Hom glo nuwe onverganklike liggame gee ((1) die wat in Hom gesterf het sal opgewek word uit die dood-verwys na "die opstanding", (2) en die gelowiges wat dan nog in die lewe, se liggame sal ook verander word-verwys na die "wegraping").

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Urls op die WareChristene blog waarop hierdie onderwerp o.a. bespreek word:

(https://warechristene.blogspot.com/2020/03/aanneming-tot-kinders.html)

(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2023/01/hoe-om-deel-te-word-van-die-koninkryk.html)

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2025/01/verskil-tussen-uiterlike-innerlike-mens.html

Aanstoot

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe ...