Dinsdag 22 September 2026

Afgodery

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. 

AFGODERY:

afgodery, afgodediens, beeldediens

(gruwels, vervoeisels, onrein)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------AFGODERY/E:  In Gal. 5:20 die Gr. woord "eidōlolatreia" vertaal as "afgodery" in die AOV (alhoewel, in sommige skrifte word dieselfde woord vertaal as afgodediens)(1 Kor. 10:14; Kol. 3:5) - dit word ook in dieselfde konteks gebruik as "beeldediens" in 1 Sam. 15:23.  Kyk ook  1 Pet. 4:3 waar die woord "afgoderye" gebruik word en in konteks dit gaan oor 'n vorm van onwettige gemeenskap (die woorde "ongeoorloofde afgoderye" word bv. daar gebruik).  In 1 Sam. 15:23 word daar na EIESINNIGHEID verwys as afgodery en beeldediens. In 1 Sam. 15:23 (waar eiesinnigheid afgode en beeldediens genoem word) is "afgodery" die   Hebr. woord "aw'-ven" wat verwys na iets wat tevergeefs gedoen word, bv. afgodsaanbidding - in verskillende kontekste kan hierdie woord na die volgende verwys: "ellende, boos, vals, afgod, ongeregtigheid, ongeluk, rouklaers, kom tot niks, smart, onregverdig, slegtes, ens"), en die woord "BEELDEDIENS" daar is (die Hebr. woord "ter-aw-feme'", wat verwys na 'n familie afgod - "afgode, beelde, "teraphim"/huisgode). Om die term "afgodery" dus beter te verstaan, kan kan ook ingekyk word in die woorde "afgodediens, beeldediens" (beelde gesny of gegiet; -bv. beelde, huisgode, drekgode (stompe), ens./Gen. 31:34). Dieselfde Gr. woord wat in Gal. 5:20 vertaal is as afgodery, word in 1 Kor. 10:14 vertaal as "AFGODEDIENS", en kinders vd koninkryk word daar gevra om te "vlug vir die afgodediens"..., en l.w. dat in konteks waarsku hy met voorbeelde van mense wat begerig was na slegte dinge, afgodedienaars, hoereerders, murmureerders, en die wat die Here versoek. Hierdie dinge word gewoonlik gesien soos vorme van afgodediens.  Ook in Kol. 3:5 word hierdie spesifieke dinge aangespreek - hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - wat afgodediens is! Afgodery verwys nie net na die aanbidding van beelde nie, maar na iets onrein wat in die hart belangriker is as die Here. 

Die rede waarom die aanbidding van beelde gesien word as "afgodery" is omdat dit 'n GRUWEL is  (of kyk na die woord "verfoeisels", die Hebr. woord "shik-koots'", wat verwys na iets gruweliks en vuil)(in 2 Kon. 23:24 word daar bv. na huis- en drekgode verwys as "verfoeisels"). Gruwels is dinge wat verbode is vir kinders van die Koninkryk, en gaan deels oor iets wat in jou hart belangriker is as die Here, en deels verwys dit na iets wat vuil of onrein is (Luk 16:15 - "En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God"). Bestudeer gerus die term "gruwels", wat terloops nie net verwys na afgode nie, maar ook sondes wat bloedskuld veroorsaak, asook afgodspraktyke. 

Afgodery word o.a. na verwys as 'n "WERK VAN DIE VLEES" (Gal. 5:19-21).  Mense wat afgodery beoefen is vleeslik (mense wat hulle besig hou met die werke vd vlees.../Rom. 8:5-7; Joh. 3:6). Die Skrif leer dat die wat die werke van die vlees doen (o.a. afgodery), nie die koninkryk van God sal beërwe nie (Gal. 5:21). Ook moet kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery, dit aflê... (Kol. 3:5/wat terloops in konteks daar nie net verwys na die fisiese gebaar van aanbidding van beelde nie, maar ook werke vd vlees; nl. word daar spesifiek verwys na "hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid"/gruwelike of vuil dinge).In 1 Kor. 10:14 word Christene beveel om te VLUG VIR DIE AFGODEDIENS, en in konteks daar verwys dit ook na 'n begeerte na slegte dinge (v. 6); asook die dien van afgode en eet van afgodsoffers (v.7), hoerery (wat ook verwys na "geestelike hoerery", in konteks die eet van afgodsoffers/Num. 25:1-9)(v. 8), om die Here te versoek (v. 9), en murmureerders (v.10). Al hierdie dinge het te doen met iemand wat homself of iets anders 'n god maak... (bv., ongehoorsames wat hulle besig hou met dinge wat ongeoorloof is, en dit wat vir iemand belangriker is bv. eie wil, eie siening, ens. / -dit is dus ook baiemaal gekoppel aan die begeerte om self belangrik te wees, of iets belangriker te maak as die Here). Om dit beter te verstaan, kan ingekyk word op die tema 'dwalendes' in die Skrif.

Afgodery maak 'n mens ONREIN (2 Kor. 6:14-18): Jesus het geleer dat slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis en lastertaal iemand onrein maak... (Matt. 15:18-20), en ons het reeds gesien dat hierdie dinge in sommige skrifte ook werke vd vlees genoem word (Gal. 5:19-21), of vgl. word met afgodediens... (Kol. 3:5). Afgodsaanbidding, sonde wat bloedskuld veroorsaak en afgodspraktyke word ook gesien soos gruwels = dus dinge wat mens onrein maak...;  asook maak dit die land waarop die mens woon, onrein! (Lev. 18:27-29).  VIR DIE GEESTELIKE MENS IS AFGODERY 'N ONREIN DING (is nie geoorloof nie) -  onrein dinge maak dit wat skoon is, vuil. In ander woorde, wanneer skoongewaste mense (geestelike mense) hulle besig hou met afgodery maak dit hulle "vuil" - en die Skrif leer dat ONREINES, hoereerders, gierigaards, en AFGODEDIENAARS nie 'n erfdeel het in die Koninkryk van God nie (Ef. 5:5; Openb. 21:27).  Christene word in 2 Kor. 6:17 beveel om nie aan te raak wat onrein is nie;  en die wat onrein geword het moet hulle harte suiwer en die hande reinig (Jak. 4:8). Basies kom die wat so lewe in opstand teen die Here... (teen Sy wil, Sy sieninge, ens.). Basies verwys die wat besig is met afgodery, na mense wat nie die wil van die Here soek en dit doen nie (en in hierdie konteks maak dit kinders vd koninkryk onrein). Die Here wat jou gemaak het is die een vir wie jy eintlik moet raadpleeg en volgens wie se wil jy moet lewe, maar die wat besig is met afgodery maak gebruik van ander geestelike waterbronne! (hulle "drink water" by afgode of die vlees - drink "bitter water" wat vervloeking tot gevolg het...)(Jes. 65:13; Jer. 51:43; Ps. 68:6; Jak. 3:10-13; Openb. 8:11; Spr. 5:1-4; Num. 5; ens.). Bestudeer gerus ook die tema van "onder die dorings saai" (waar goeie vrug verstik word) - waar 'n plant wat water gekry het dorings en distels oplewer... (slegte vrug)(Hebr. 6:6-8).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html

https://warechristene.blogspot.com/2026/07/die-boek-van-judas-3dwalendes.html

https://warechristene.blogspot.com/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html

dors: https://warechristene.blogspot.com/2018/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/01/onderskei-tussen-wat-is-rein-en-wat-is_28.html

Sondag 31 Augustus 2025

Afgod/e

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. 

AFGOD/E:

afgod/e, afgodsoffers, gesnede beeld, gegote beeld, klippilaar/heilige boomstam, huisgode, drekgode, afgods-efod, afgodery.

(gruwel)(verfoeisel)

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is 'n "afgod": Die woord "afgod" is die Hebr. woord "aw'-ven" in Jes. 66:3 en die  Gr. woord "i'-do-lon", wat verwys na 'n beeld wat vir aanbidding gebruik word ('n heidense god)(1 Kor. 8:4). In wese verwys die woord "aw'-ven" veral na iets waarmee iemand hom besig hou en sy hoop in plaas of doen, maar wat tevergeefs is... (bv. "boos, vals, afgod, ongeregtigheid, ongeluk, rouklaers, onregverdig, smart, tevergeefs").  Bv., die skrif leer dat om 'n afgod te maak en te aanbid, is nutteloos - dit kan geen voordeel aanbring nie (Jes. 44:9,10).  Ander woorde wat o.a. na afgode verwys in die Skrif is "gesnede beelde, "gegote beelde", "huisgode", "klippilare" en "heilige boomstamme" (Jes. 48:5; Lev. 26:1; Deut. 27:15; Rig. 17:4; 18:17; 1 Kon. 14:23). 'n Afgod verwys na 'n beeld  (gesny of gegiet, opgerig...) wat gemaak word vir aanbidding, o.a.stel dit 'n god voor wat aanbid word (Eks. 20:4; Jes. 44:15,17; Dan. 3:1). "Afgode" verwys nie na beelde opgerig vir dekorasie of herdenking (wat nie aanbid word nie), maar spesifiek na beelde wat gedien of waarby neergebuig word... (Lev. 26:1; Deut. 4:16-29; 5:8)(beelde of pilare waarin mense hulle hoop/vertroue plaas vir voorsiening, verlossing, ens. - dit is vir hulle gode/Jes. 42:17). Somtyds begin iets nie as 'n afgod nie... (Num. 21:8) maar eindig so op, want dit is mense wat van iets 'n afgod maak..., bv. die koperslang wat nooit bedoel was om 'n afgod te wees nie (Nehústan -2 Kon. 18:4). 'n Beeld mag nie gemaak word met die doel om aanbid te word nie (Deut. 4:15-19).

Vorme van afgode:  Huisgode, die afgods-efod ('n priesterlike skouerkleed/Hos. 3:4; Rig. 8:27), klippilare, en heilige boomstamme wat op hoë heuwels of onder bome opgerig word (waar hulle "offerrook laat opgaan"/offers bring - met afgodspriesters/afgodsdienaars wat gewoonlik hierdie werke uitvoer/2 Kon. 23:5; Hos. 10:5; Sef. 1:4)(2 Kon. 17:10,11).  'n Ander woord wat ook vir hierdie gode gebruik word is "drekgode" (soos 'n stomp/rond)(2 Kon. 17:12). Daar is heelwat afgode wat op naam genoem word in die Skrif, bv. Baäl (2 Kon. 23:5; Rig. 2:13; 6:25-32; 1 Kon. 16:31; ens. ), Astárte (1 Kon. 11:5,33; 2 Kon. 23:13; Rig. 2:13), Molog (Amos 5:26; Hand. 7:43), Adramméleg, Anamméleg, Nibhas en Tartak (2 Kon. 17:31); gegote kalf (Eks. 32:8; Hand. 7:41); Tammuz (Eseg. 8:14); hele leër van die hemel (Deut. 4:19; 2 Kon. 21:3; 23:5; Jer. 8:1,2); ens. 

Afgodsoffers/afgodspraktyke: 'n Afgod is wel niks... (1 Kor. 10:19), maar neem kennis dat die wat daaraan offer, eintlik besig is om aan duiwels te offer en dus besig om met duiwels GEMEENSKAP te hê (1 Kor. 10:20; Ps. 106:37; 1 Kor. 10:20-28). "Afgodsoffers" verwys gewoonlik na kos (soos vleis) of drank wat aan afgode geoffer word... (1 Kor. 8,7; 10:19). Die wat aan die Here behoort mag nie gemeenskap hê met die bose nie!, want geestelike mense het die Here as bron;  terwyl die wat afgode aanbid, duiwels as bron gebruik.  Voorbeelde in die Skrif waar die Here spesifiek waarsku dat Hy Sy gesig teen Sy kinders sal draai, is o.a. wanneer hulle agter afgode aan hoereer... (Lev. 20:3). Christene word beveel om hulle te onthou van afgodsoffers en dinge wat deur die afgode besoedel is (Hand. 15:19,20,29; Eseg. 20:30,31)(in Openb. 2:14 neem Jesus mense in die kerk van Pergemus kwalik dat hulle afgodsoffers eet, want kinders vd koninkryk word verbied om afgodsoffers te eet).  Die eet en drink van afgodsoffers word gesien soos AFGODEDIENS (is dieselfde Gr. woord as vir "afgodery")(1 Kor. 10:7)."AFGODERY" is die Gr. woord "eidōlolatreia", wat te doen het met die tevergeefse aanbidding van 'n beeld... (Gal. 5:20; 1 Pet. 4:3) - hierdie werke is tevergeefs. Die begrip "afgodery" word terloops ook op 'n geestelike manier gebruik, nl. deur dinge soos eiesinnigheid ("eie-willig") - in 1 Sam. 15:23 word eiesinnigheid bv. beskryf as "afgodery" en "beeldediens" - ("beeldediens" is hier die Hebr. woord "ter-aw-feme'", wat verwys na 'n familie afgod - "afgode, beeelde, "teraphim").  Saul het gedoen soos hyself dink... (nie soos die Here hom beveel het om te doen nie) - hy was eiesinnig (hy het gedink hy weet beter as die Here, hy het maw homself 'n god gemaak). In Gal. 5:19,20 word afgodery 'n "werk vd vlees" genoem, en v.21 verklaar ook  dat die wat hulle besig hou met die werke van die vlees nie die koninkryk van God sal beërwe nie. Kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery kan nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie en moet dus enige afgodediens aflê... (Kol. 3:5);  wat terloops in konteks hierdie skrif, na verwys word as "hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid" - hierdie dinge word maw gesien soos afgodery = is werke vd vlees (is vleeslik / die wat afgodery beoefen leef volgens die vlees, nie volgens die Gees nie). Afgodery verwys dus nie net na fisiese gebare van afgodsaanbidding nie, maar elkeen se hart getuig of hy besig is met afgodery of nie. In 1 Kor. 10:14 word Christene beveel om te vlug vir die afgodediens, en in konteks daar vewys afgodery na 'n begeerte na slegte dinge (v. 6), asook die dien van afgode en eet van afgodsoffers (v.7), hoerery (wat ook verwys na "geestelike hoerery", in konteks die eet van afgodsoffers/Num. 25:1-9)(v. 8), om die Here te versoek (v. 9), en murmureerders (v.10). Jesus het ook geleer dat slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis en lastertaal iemand onrein maak... (Matt. 15:18-20).Basies, die wat so lewe kom in opstand teen die Here... (teen Sy wil, Sy sieninge, ens.).

Dit maak jou onrein/vuil/besoedel/verontreinig: Afgode (beelde wat aanbid word) KAN NIE SIEN OF HOOR OF EET OF RUIK NIE (Deu 4:28), en aabidding tot so 'n beeld is dus eintlik maar tevergeefs, want 'n afgod kan jou nie hoor nie en kan jou nie help of red/verlos of voorsien nie... (Jes. 14:22; 45:20; 1 Sam. 12:21)(maar neem kennis dat die aanbidding van beelde ook gaan oor die aanbidding van "gode", sien volgende paragraaf). 'n Gegote beeld is 'n LEUEN, en daar is GEEN GEES IN HULLE NIE, en hulle KAN JOU NIE LEER NIE (is 'n leuenleraar) - afgodsaanbidding is NIETIG (kyk die woordgebruik "nietige afgode" in vele skrifte - Deut. 32:21; 1 Sam. 12:21; 1 Kon. 16:13,26; 2 Kon. 17:15; Jer. 2:5; 8:19; 10:15; 16:19; 18:15; 51:18) - afgodsbeelde gaan tot niet... (Jer. 10:14, 15; Hab. 2:18,19; Jes. 41:29). Maar die feit dat 'n afgod niks is, beteken nie dat dit jou nie kan onrein maak nie!, want die wat besig is met afgode, is eintlik besig met duiwels (1 Kor. 10:20/het gemeenskap met duiwels). In Deut. 27:15 word daar na 'n afgod verwys as 'n "gruwel" - gruwels is dinge waardeur kinders vd Koninkryk verontreinig/besoedel kan word (Lev. 18:24);  in ander woorde, die Skrif leer dat afgode jou kan onrein maak (vgl. dit met Hos. 9:10, die woord "verfoeisel" word daar gebruik - afgodsaanbidding maak jou vuil/onrein). Kinders vd Koninkryk word verbied om met gruwels (afgodsaanbidding, afgodspraktyke, asook terloops sonde wat bloedskuld veroorsaak) om te gaan, en as hulle nie luister nie is daar altyd gevolge... (Deut. 18:10-12).  In die 10 gebooie en sekere ander skrifte word kinders vd Koninkryk spesifiek belet om gesnede of gegote beelde of klippilare ens. te maak - hulle word verbied om hulle besig te hou met watookal gesien word as afgodediens (beelde wat gedien en voor neergebuig word/afgodspraktyke)(Eks. 20:4,5; Lev. 26:1; Deut. 16:22).  Ook in die N.T. word afgodery verbied (Gal. 5:20; 1 Kor. 10:14; 1 Joh. 5:21). As 'n kind vd Koninkryk hierdie oortree, word dit soos 'n misdaad gesien, en is ernstig! (en word selfs tot die 3de en 4de geslag , kinders en kindskinders, besoek van die wat die Here haat/Eks. 20:5; 34:7). Die skrif leer dat afgodedienaars nie eendag in die Koninkryk van God sal ingaan nie, maar hulle uiteinde is die poel van vuur (nl., die tweede dood), wat eintlik vir die duiwel en sy engele voorberei is (Matt. 25:41; as jy die duiwel en sy engele dien, sal jy in dieselfde plek opeindig/Openb. 21:8; 22:15). Waar die volk oortree het, moes hierdie afgode afgebreek, omgegooi (bv. die altare), afgeslaan (bv. die klippilare), en afgebrand/omgekap word (bv. die heilige boomstamme)(Eks. 23:24; 34:13; Deut. 7:5; 12:3; 2 Kon. 23:14; 2 Kron. 14:3; 31:1). Alhoewel afgode bloot beelde is wat deur mensehande gemaak word (en dus nie werklik iets is nie), gaan dit gewoonlik gepaard met bose praktyke soos towery, goëlery, afgodsoffers, ens. (Mig. 5:11,12) - hierdie beelde word o.a. hanteer soos 'n god of gemaak vir "afgode", wat eintlik duiwels is! (Deut. 32:16,17; Ps. 106:36,37; Openb. 9:20; 1 Kor. 10:19,20).(Jon 2:8 - "Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is").(Jer 14:22 - "Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want U doen al hierdie dinge").  Die Here wat jou gemaak het is die een vir wie jy eintlik moet raadpleeg en volgens wie se wil jy eintlik moet lewe (Ps. 31:7), maar die wat afgode aanbid is besig om by ander geestelike waterbronne te drink. Wat afgodery verkeerd maak, is dat iemand sy vertroue in verbode bronne plaas.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 12 Augustus 2025

Afsonder

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog.

AFSONDER:

afgesonder, afsonder(ing), heilig, 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die woord "afsonder" is -die Hebr. woord " naw-zar' ", wat beteken "om eenkant te sit" of "te skei van", bv. om 'n onreine af te skei vd res (Lev. 15:31)(Eseg. 14:7)(bv., tussen die groep wat afgesonder is, was Aaron spesifiek afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig);  of -die Hebr. woord " baw-dal'", wat verwys na om skeiding te maak (Neh. 13:3)(differensieer-bv., die Leviete was afgesonder vd res om vir die Here te werk)(Num. 8:14; Deut. 19:2; Eseg. 39:14)(Lev. 20:24-God het vir Hom 'n volk afgesonder..., wat verwys daarna dat hulle nie volgens die ander volke se insettinge lewe nie, maar volgens Sy wil/Lev. 20:22-27 / Esr. 9:1)(Deut. 10:8 - of wat wys hoe iemand afgesonder word vir 'n spesifieke taak, soos die stam van Levi afgesonder was, o.a. spesifiek afgesonder om die verbondsark te dra). Die woord "afsondering" in Deu 33:28 (Israel woon "in afsondering"). is die Hebr. woord " beh'-takh ", wat verwys na hoe hulle eenkant woon, sonder bekommernis, en veilig, het hoop, ens. Hier sien ons die konteks van die "afsondering" - daar is gewoonlik 'n rede vir afsondering, bv. afgesonder vir diens, of watookal. Kyk ook na die Gr. woord "ap-os-pah'-o", wat beteken "skei van" (verwyder jouself van...; bv. waar Jesus Homself vd dissipels af geskei het om te bid-Luk. 22:41); iemand wat afgesonder is is "afgeskei" van die ander (en met doel).  Kyk ook die Gr. woord "af-or-id'-zo", wat basies ditto beteken maar soos "verdeel van die res" waar iemand geroep word (Rom. 1:1-bv. Paulus, afgesonder tot die evangelie...- vgl. dit met Gal. 1:15, Paulus was afgesonder om die evangelie aan die heidene te bring/sy roeping). Afsondering is baiemaal in die konteks van "roeping" (eenkant gesit om iets spesifiek te doen - soos 'n werk wat iemand kry om te doen), en is gewoonlik bevestig deur 'n letterlike gebaar soos "die salwing met olie" (Eks. 28:41; 20:22). Die wat geestelike bedienings ontvang, word geroep om daardie werk te doen - is daarvoor "afgesonder" (Hand. 13:2/"sonder af").

Hierdie tema kan ook vgl. word met die woord "heilig" - wat nie net verwys na hoe iets of iemand eenkant gesit word vir 'n spesifieke taak of doel (Eks. 13:2) nie, maar is baiemaal in konneksie met "skoongemaak" en/of skoon/rein gehou word vir die doel - is bv. afgesonder/geheilig, en moenie ontheilig word nie (Eks. 19:10; 20:8)(in Eks. 19:23 mag die volk bv. nie op die berg geklim het nie, want dit was geheilig). Die wet en gebod is bv. geheilig (afgesonder) vir lering (Rom. 7:7). Jesus het Sy volk geheilig (afgesonder) deur Sy bloed... (Hebr. 10-8-14; 13:12). Die Here het homself ook "geheilig" vir Sy kinders (hulle Sy kinders, en Hy hulle God)(Joh. 10:36; Luk. 20:13) sodat hulle in die waarheid "geheilig" (afgesonder) kan wees (het die Gees van waarheid/kyk "salwing met die Heilige Gees"/1 Joh. 2:20,27). Jesus Christus is geheilig (afgesonder) as ewige hoëpriester... (Hebr. 7:26). Die wat deel het aan die eerste opstanding sal geheilig (afgesonder) word vir die ewige lewe... (Openb. 20:6). Die Christen se liggaam word ook gesien as "heilig"/is afgesonder - is 'n tempel van die Gees (1 Kor. 6:19; 3:17). Kyk ook die Gr. woord "hag-ee-ad'-zo", wat beteken "om heilig te wees, geheilig" (heilig die Here in julle harte..-1 Pet. 3:15)... In hierdie konteks beteken "om heilig te wees" dat iemand homself afsonder (2Kor. 6:17) - geestelike mense is mense wat hulleself afsonder vir die Here. Om jouself af te sonder beteken dat jy jouself eenkant plaas/hou vd res (bv. doen nie dieselfde as hulle nie);  soos om te verdeel van... (afsonder van ander volke/Esra 10:11)(afsonder van ander volke se gruwels/Esr. 9:1)(kyk ook die vb. van "afsonder" van gemengde bloed in Israel/Neh. 13:3). Op dieselfde wyse word Christene beveel om hulle "af te sonder"(2Kor:17), en die konteks is:  "Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige" (v. 18). In hierdie konteks is hulle eenkant afgeskei van die res van die mensdom om kinders vir die Here te wees... (weergeborenes behoort aan die Here/is van Sy vlees en bene, en is dus deel van Sy familie - en leef  noodwendig volgens Sy familie se reëls).  Weergeborenes word o.a. in die gedeelte beskryf as mense wat niks het nie maar tog alles besit!(2 Kor. 6:10), en die konteks waarin hulle gevra word in 2 Kor., "om hulleself af te sonder", is om nie in dieselfde juk te trek saam met die ongelowiges nie (moet nie deel in hulle ongeregtigheid  of hulle afgodstempels of dit wat onrein is nie)(2 Kor. 6:14-18). Om jou van die wêreld AF TE SONDER mag lyk of jy "verloor", maar die waarheid is dat alhoewel geestelike mense nou niks het nie, besit hulle eintlik alles! (Matt. 10:39; 16:25; Mark. 8:35; Luk. 9:24; 17:33; Joh. 12:25). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(-Wat beteken "heilige volk"?)   

(-ONDERSKEI TUSSEN WAT IS HEILIG EN WAT NIE)   

(-LAAT U NAAM GEHEILIG WORD)

(Heilig, onheilig, ontheilig)

(Salwing, salf met olie)

(Gawes en bedieninge vd Gees)

Dinsdag 27 Mei 2025

Afdwaal

 Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog.  

AFDWAAL:

Afdwaal, dwaal, versoeking, mislei, verlei, slaap, dronk, verdwaal

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(1) Die woord "AFDWAAL" is die Hebr. woord "shaw-gaw'", wat verwys na iemand wat van 'n pad afgaan... - dwaal af, dwaal, is mislei, gaan verkeerd, onwetend sondig, volg iets na jou begeerte;  / DWAAL (om af te dwaal na die vals of verkeerde.../Ps. 119:18)(Ps. 58:4-is verlei om te dwaal / van die regte pad afdwaal - die koers byster wees). Dit verwys na die "skape" wat afdwaal van die Here en Sy insettinge (1Pe 2:25) - dwalendes word ook somtyds na verwys as "DRONK" (die sinne bedorwe/dronk van sonde, wereldse wysheid, of deelname aan afgodspraktyke)(1 Kor. 6:10);  of word na verwys as die wat "SLAAP" (is nie waaksaam nie)(1 Kor. 15:34; 1 Thess. 5:6,8; 2 Tim. 2:26; 1 Pet. 4:7). Dit is bv. gewoonlik wanneer die kerk slaap wat onkruid (valses) onder die koring gesaai word...;  m.a.w., die wat "slaap" kan makliker verlei word, en die wat geestelik dronk is verwys op beurt na mense wat oorgegee is aan hulle eie begeertes en gedagtes - soos 'n dronke wat rondval - nie standvastig (dwaal). Daar is verskeie redes waarom die kinders vd koninkryk somtyds dwaal, bv. omdat hulle nie die Skrif ken nie en mislei word, of verlei word om te sondig, of bloot nie die krag van God ken nie!   Baiemaal is dit wetend, bv. dat die persoon homself mislei (Matt. 22:29; Spr. 7:25; 1 Kor. 6:10; Jak. 1:16). Jesus het vir ons die voorbeeld gestel dat ons die skape wat afdwaal, moet soek en terugbring (Matt. 18:10-14) - hulle is nie verlore bloot omdat hulle afgedwaal het nie, maar hulle kan afval as hulle nie terugkom nie... (kyk 2de groep in die gelykenis vd saaier + 3 groep wat hulle vrug verloor). En die wat wetend die opregtes laat verdwaal, sal self in hulle eie kuil val;  diesulkes kan nie verwag om die goeie te beerwe nie... (Spr. 28:10(2 Pet. 2:1-22 (v.15)).

(2) MISLEI of VERLEI:   /-VAN DIE WAARHEID AFDWAAL of /-OM DEUR SONDE VERSOEK TE WORD. As 'n kind vd Koninkryk nie in die Here se gebooie en insettinge bly nie (maar ander gebooie begin volg), dan is hy besig om af te dwaal... (Ps. 119:10,21). Hierdie is baiemaal die gevolg van iemand wat MISLEI of VERLEI is (Psa_119:118 - "U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens"), en is of WETEND of ONWETEND. Daar is verskillende maniere hoe mense mislei of verlei word, bv. deur die duiwel, deur ander mense of somtyds mislei iemand homself! (bv. dat hy weet wat is die waarheid maar hy lieg vir homself om die leuen te glo)(Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18) - soos wanneer iemand afdwaal vd kennis van God en 'n verkeerde sienswyse regverdig (1 Kor. 15). Hierdie is baiemaal die gevolg van iemand wat verlei is deur wereldse sieninge en liewer daarin wil glo - en dwaal so af deur hulle hoop eerder daarin te plaas (1 Kor. 15 en 6). Jesus het baie geleer oor hoe belangrik dit is om vas te hou en in Hom te bly (Joh. 15)(anders kan jy nie vrug dra nie, of kan vrug verloor). Die geestelike mens wat lewe deur die asem vd Heilige Gees, kan slegs in die lewe bly as hy geestelike kos en water neem. 

(3) DEUR SONDE VERLEI:  Een rede waarom mense somtyds afdwaal, is a.g.v. sonde (word deur sonde versoek en oorval -Gal. 6; Jak. 1:16). Vgl. hierdie gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier, wat verwys na die wat hulle vrug verloor;  m.a.w., wanneer iemand "onder die dorings saai, sal die dorings sy vrug verstik". Sommige kinders vd Koninkryk wat in die geloof begin het en begin vrug dra, verloor hulle vrug deur die sorge en rykdom en genietinge/begeerlikhede vd lewe... (wat jy saai sal jy maai/Gal. 6:7).  Diesulkes kan ook (soos die 2de groep in die gelykenis vd saaier) "sonder vrug" opeindig as hulle nie pasop nie... (1 Kor. 6:10). Die dwalende het nodig om hom te bekeer van sy dwaalweg (wat in hierdie geval na sonde verwys)..., veral as hy wetend is, maar natuurlik word dit ook verwag die oomblik wanneer die een wat onwetend sondig, wetend word.

(4) ONWETEND: Die twee begrippe "ONWETENDES" en "dwalendes" word somtyds in dieselfde konteks na verwys (Hebr. 5:2), want iemand dwaal nie noodwendig wetend nie. Mense wat begin afdwaal van die waarheid doen gewoonlik so omdat hulle verlei word (is mislei) - bv. om verlei te word deur die duiwel of 'n mens/Hebr. 3; Gal. 6. Bv., "onwetendes" wat mislei is en die leuen begin glo, praat verkeerde dinge... (1 Kor. 15:33; Mark. 12:27)(en word dus somtyds verkeerdelik vgl. met valses) - solank diesulkes die dwaalweg volg, kan hulle nie vrug verdien nie. Hulle het 'n kans as hulle maar net die waarheid hoor, en ag gee daarop! (1 Kor. 15:33). Paulus is 'n goeie vb. van iemand wat onwetend gesondig het, maar toe hy die waarheid hoor het hy gekies om die Here te volg. 'n DWALENDE wat dwaal omday hy onwetend is, het nodig om tot insig gebring te word, en dan is dit belangrik dat daardie persoon die waarheid kies;  m.a.w., hy moet hom bekeer van sy dwaalweg. 

(5) WETEND: Dit is egter anders wanneer iemand dwaal omdat hy wetend is!, want so 'n persoon moet nie nog eers tot insig gebring word nie, maar weet klaar hy is verkeerd. Hierdie is een van die redes waarom mense somtyds afdwaal van die waarheid, is a.g.v. 'n verharde, ongelowige of bose hart (Hebr. 3:10) - in hierdie geval verwys dit nie na 'n onwetende nie, maar WETENDES! (en dit is gevaarlik, want diesulkes kan hulle vrug verloor - sien 3de groep in die gelykenis vd saaier). Dit is moeiliker om 'n wetende terug te bring op die pad (maar natuurlik nie onmoonltik nie). In meeste gevalle in die Skrif waar daar na dwalendes verwys word, is dit in hierdie konteks van kinders vd Koninkryk wat ONGELOWIG is... - hulle dwaal omdat hulle die kennis van die Here verwerp. Om wetend van die regte pad af te dwaal is baie gevaarlik vir 'n kind vd Koninkryk (Spr. 21:16). 'n Goeie vb. is die wat "geen wortel het nie" - hulle is geneig om maklik te begin dwaal, en dit kan tot geval he dat hulle afval! (bv. in tyd van versoeking - sien 2de groep in die gelykenis vd saaier) - dit verwys nie na mense wat ongelowig is nie maar mense "wat net vir 'n tyd glo" (m.a.w., nadat hulle begin glo het word hulle weer ongelowig). Ander voorbeelde is die wat in sonde (wetend) verval, of die wat wetend wereldse wysheid eerder kies. Wat met sulke mense gebeur, is dat hulle nie geestelik kan groei en vrug dra nie (bv., hdie wat nie wortel het nie, kan nie groei nie;  en die wat afdwaal kan nie vrug dra nie).  L.w. dat die wat sonder vrug is wanneer Jesus terugkom, sal soos KAF uitgegooi word (is vrugteloos/onbruikbaar-hulle lyk soos koring, maar het nie vrug nie/Matt. 3:12; Luk. 3:17), en die wat wetend die valse of verkeerde gekies het, sal soos die valses hanteer word (2 Pet. 2; 1 Kor. 6:10; 15:33; Spr. 21:16; 28:10; Jud. 1:11; Openb. 2:14-16; Gal. 6:7; Jak. 1:16; ens.). Mense wat dwaal neem nie die (regte soort) geestelike kos en water wat hulle in die lewe laat bly nie... - hulle uiteinde is die dood sou hulle nie tot bekering kom nie (Spr. 21:16; Matt. 3:12)(Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/07/kan-iemand-weer-tot-bekering-kom.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html

https://warechristene.blogspot.com/2013/08/versoeking-2.html

https://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/wie-is-die-koring-en-die-kaf.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

Vrydag 16 Mei 2025

Aarde

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. 

AARDE:

Aarde / grond/land/veld/wildernis/wêreld

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die woord "AARDE" kom in sowat 844 verse in die Bybel voor, en is die Hebr. woord "eh'-rets" en Gr. woord "ghay", wat verwys na "land, veld, grond, aarde, wildernis, wêreld...". Waar kom die aarde vandaan? Die aarde het uit water en deur water ontstaan, deur die woord van God... (1 Pet. 3:5; Sag. 12:1). Die Skrif leer verder dat die Vader die wêreld deur Jesus Christus gemaak het..., en Hy het Hom as erfgenaam aangestel... (Hebr. 1:2). Jesus Christus (die Beeld van die onsienlike God en Eersgeborene van die hele skepping/Kol. 1:15), is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand... (Kol. 1:17) - in Hom is alle dinge geskep wat in die hemele (wat sekerlik verwys na die twee hemele bo die aarde, nl. waar die voels vlieg en die deel waar son, maan en sterre is) en op die aarde is! (wat sienlik en onsienlik is.............—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape)(Kol. 1:16). Die Vader het alles in Sy Seun se hand oorgegee (Luk. 10:22; Joh. 3:35; Joh. 17:2; 1 Kor. 15:27), en aan Hom is gegee alle mag in die hemel en op AARDE (Matt. 28:18).

(1) Die woord "aarde" verwys na "GROND" (God het die droë grond "aarde" genoem - Gen. 1:10). In die begin, toe God die hemel en aarde geskep het, was die aarde (m.a.w., "grond") woes en leeg en donker en onder water... (Gen. 1:1,2) - eers het Hy die lig geskep, en toe 'n uitspansel (bo die aarde) tussen die waters, en toe het Hy die waters op aarde laat versamel op een plek sodat die droë grond sigbaar geword het... (Gen. 1:6-10; Openb. 3:14). Wanneer ons na die aarde verwys, verwys ons dus na die GROND (nie die hemele bo die aarde of die see, of dit wat onder die aarde is nie, maar mag in sekere kontekste ook na die versamelde waters verwys). God het die GROND (m.a.w. "aarde") ook gebruik om al die diere op aarde en al die voëls van die hemel te skep... (Gen. 2:19), asook het Hy die mens uit grond (stof) geskep! (Gen. 2:7; 3:19; 5:29). Die woord "grond" in Hebr. word terloops in verskillende kontekste vertaal as aarde, land, wereld, en selfs  "man" (Hebr. woord "ad-aw-maw'") - die mens word in beeldspraak ook baiemaal vgl. met grond... (Rom. 7:5; Hebr. 6:7,8; Jer. 4:3; Matt. 13:7:22-gelykenis vd saaier; ens.)(2Pe 3:5). 

(2) Daar moet onderskei word tussen die terme "aarde" en "hemel/e" (Matt. 6:10, 19,20; 11:25; 16:19; ens.)(hemele verwys na dit wat aan, langs en bo die uitspansel is), want baie Christene glo bv. dat hulle vir ewig in die (derde/boonste) hemel gaan bly omdat hulle nie onderskei tussen die terme "aarde" en "hemel" nie. Die Bybel leer dat die sagmoediges die aarde (grond, land, wereld) sal beërwe... (Matt. 5:5), en dat die wat die Here verwag die aarde sal besit...(Ps. 37:9,34), en dat die ootmoediges die aarde sal besit... (Ps. 37:22), en dat die regverdiges die aarde sal besit en vir ewig daarop woon... (Ps. 37:29)..., maar "aarde" hier verwys nie na "hemel" nie! Die wat gered word sal "die aarde" (land, grond, veld, wildernis, wereld) beërwe.  Die belofte aan Abraham was ook dat hy 'n erfgeneem van "die wêreld" (die aarde) sou wees (Rom. 4:13). Christus se ewige koninkryk verwys ook na 'n koninkryk "op aarde"... (Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; 89:3,4,36; Sag. 14:9; Eseg. 35:25; Mig. 4:7; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34; Openb. 11:15; 19:11-21; 20:6,7; Jes. 24:23; Luk. 1:32,33; ...). 

(3) In Openb. 21, met die skepping van die nuwe hemel en aarde, verwys "aarde" ook net  na die land/grond gedeelte (nie die hemel nie, alhoewel die hemele dan ook vernuwe sal word). DIE AARDE SOOS ONS DIT NOU KEN, SAL EENDAG VERBYGAAN EN 'N NUWE AARDE (en hemel) SAL GESKEP WORD (Openb. 21:1). Wie sal op die nuwe aarde bly? - die wat gered word... (Openb. 21:24). 

(4) Daar moet ook onderskei word tussen die woorde "aarde" (Gen. 1:1,10,11,12,15,17,20,22,28,29,30;  2:7,19; 3:17,19;  Openb. 20:8;  21:24 ens.) en "skepping" (Mark. 10:6; 13:19; Rom. 1:20; 8:19-22; Kol. 1:15; Hebr. 9:11; 2 Pet. 3:4; Openb. 3:14), want mense verwys somtyds na "skepping" as "aarde"... (bv. wanneer daar gevra word of die "aarde" rond is?  - die korrekte manier is om te vra of "die skepping rond" is..., en ja, dit wil voorkom of die skepping rond is..., want in die Bybel word die skepping voorgestel soos 'n bal/Jes. 40:22/Gen. 1:6-8, en "die aarde" word voorgestel soos 'n sirkel /Spr. 8:27...). Die woord "aarde" verwys bloot na die grond of land (terwyl die woord "skepping" verwys na "wat geskep is"... - nie net die land nie, maar bv. ook die uitspansel bo met die hemele aan en langs...). Die skepping, waarvan die "aarde/droë grond" deel is, word beskryf in Gen. 1 en 2. Daar moet dus onderskei word tussen die woord "aarde" en "skepping" want in die Skrif verwys aarde bloot na die land/grond gedeelte (met alles wat op die aarde groei en beweeg -Gen. 1:11,12, 20-26), terwyl die woord "skepping" nie net na die aarde verwys nie, maar ook die hemel aan en langs die uitspansel.

(5) Na die sondeval is die aarde (grond, land, wêreld) om die mens se ontwil vervloek... (Gen. 3:17-19) - dit verwys nie net na die grond self nie, maar ook alles bo-op die grond. Wat het dit beteken? - arbeid was nou o.a. moeitevol... Hoekom? Want die aarde het ook nou dorings en distels voortgebring (Gen. 3:17-19)(en ons weet, as grond dorings en distels voortbring deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding-Hebr. 6:8). Die aarde (en hemele, nl. "langs en aan") sal wel eendag verbrand word... (2 Pet. 3:10), maar ook nuutgemaak word! (Openb. 21,22). Dan sal dit nie meer onderwerp wees aan die vervloeking nie (Gen. 3:17-19; 5:29). Die toestand waarin die aarde huidiglik verkeer kan beskryf word dat dit ter wille van die mens onderwerp is aan verganklikheid - "dit is onder slawerny"... (soos die mens 'n slaaf is van sonde en dus verganklik, is die skepping 'n slaaf van verganklikheid)(Rom. 8:20-22).  Sonde ontheilig/verderf die aarde... (Jes. 24:5,6; Gen. 6:11,12) - dus, net soos die mens redding nodig het, het die aarde ook eintlik redding/vernuwing nodig (gereddes sal op 'n nuwe, maw ook "vernuwe" aarde bly)(2 Pet. 3:10,12; Jes. 24:5,6). Maar daar is 'n geval waar God alreeds ingegryp het toe die goddeloosheid op aarde te veel was, nl.met die sondvloed (maar Hy sal nie weer alles deur water verwoes nie/Gen. 8:21,28). Die aarde is steeds onderwerp aan verganklikheid agv die mens (Rom. 8:20-22)(sonde het 'n invloed op die land). Wanneer Jesus terugkom word die aarde en hemel nog nie heeltemal vernuwe nie, maar sekere dele sal wel al vernuwe word, bv. beslis die land waarop die heilige volk lewe... (hulle het dan teen daai tyd al opgestaan in nuwe liggame wat onverganklik is, so logies gesproke moet die land waarop hulle bly ook verander.../Jes. 11:1-8; Jes. 65:17-212 Pet. 3:7,13).  Hierdie aarde (en hemel) soos ons dit nou ken, sal eendag verbygaan en heel nuut geskep word (Matt. 24:35; Openb. 21 en 22). 

(6) Die Skrif gebruik somtyds woorde soos dat die grond sy mond oopgemaak het om bloed te ontvang of te drink, bv. waar iemand begrawe word (Gen. 4:11; Job 16:18; Num. 16:30)(vhierdie woorde word veral gebruik in die konteks met "onskuldige bloed" wat gevloei het...,Jes. 26:21, om te wys dat iemand dit nie vir die Here kan wegsteek nie).  Die aarde (grond) sal eendag verslag gee van al die bloed wat dit ontvang het - sal die bloed openbaar maak. 

(7) Die aarde kan opgedeel word in 4 hoeke (kwarte) of windstreke (Jes. 11:12; Hand. 10:11; Luk. 13:29; 1 Kron. 9:24; Openb. 7:1; 20:8; Eseg. 37:9; Dan. 8:8; Matt. 24:31; ens.). Die Skrif leer dat aan die einde van die volgende 1000jr-bedeling, die duiwel losgelaat sal word (nadat hy vir 'n 1000jr gebind was), en hy sal mense uit al die "hoeke" (van oral oor die breedte, maw uit al 4 windstreke) vd aarde verlei om op te trek teen die heilige stad... (Openb. 20:8,9). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2016/02/die-skepping-2.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/is-die-aarde-rond.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/06/nuwe-hemel-en-aarde-die-here-sal-kom-in.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html


Donderdag 15 Mei 2025

Goddelose mense

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. 

GODDELOSE MENSE:

goddelose mense, slegte mense, goddeloosheid, gruwel, ingesluiptes, onkruid, wolwe

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Goddelose mense is SLEGTE MENSE (-onregverdiges/Job 16:11; Matt. 13:49; Gen. 18:23)(die woord "goddeloos" beteken sleg, en verwys o.a. na die wat nie die Here vrees nie). Wat die "slegte visse" onder die kinders vd Koninkryk aanbetref, het Jesus geleer dat hierdie onregverdiges afgeskei sal word vd regverdiges wanneer Hy terugkom (en hulle sal in die vuuroond gegooi word)(Matt. 13:47-50). Goddelose mense word o.a. voorgestel as BOOS en "vyande vd Here" (en dus vyande van die regverdiges)(Es. 9:24,25; Nah. 1:2), maar hulle weg sal vergaan..,  hulle sal uitgeroei word vd aarde (Ps. 1:6; 37:34; Jud. 1:15; Sef. 1:3) - en ons sien dat die Here dit alreeds op verskeie male gedoen het! (bv. die sondvloed, Sodom en Gomorra, Korag se bende.../Gen. 18:20-33; 19:13,24; Num. 16:2,3,10,11; 2 Pet. 2:5; 3:6) - en Hy gaan dit weer doen! (2 Pet. 3:7)("wanneer die goddelose die maat volgemaak het").

Daar is heelwat groepe wat onder die "goddeloses" getel word, o.a. verleiers soos valse profete, die ongeregtiges, die wederstrewig en eiesinniges, die wat nie die Here as bron gebruik nie/afgodedienaars, die onregverdiges, die wellustelinge en sodomiete, murmureerders en lasteraars en kwaadsprekers, die wat die Here verag/teestanders/vyande van God (en van Sy volgelinge), trotsaards en gierigaards, rowers en diewe, hoogmoediges, geweldenaars en moordenaars, die wat hulleself mislei, die wat rykdom begeer, ens. (Ps. 73:12; 36:5; 71:4; Hand. 2:23; 20:29; 2 Tim. 3:13; Ps. 10:5,6,8-10; 17:9-12; 35:3; 37:21; 71:4; Spr. 10:11; 13:5; 17:23; Jud. 1:4; Jer. 13:10; 1 Sam. 24:12-14; 1 Kron. 18:1; 2 Kron. 19:2; 24:7; 2 Sam. 24:14; Num. 16:2,3,10,11; Jud. 1:14-16; 1 Kor. 6:8-10; Gen. 8:23; Mal. 3:18; ens.).  Kyk gerus hoe dit ooreenstem met spesifieke groepe in die Skrif wat genoem word "wie nie die Koninkryk sal beerwe nie"... (1 Kor. 6:10") - kortom, GODDELOSE MENSE SAL NIE DIE KONINKRYK BEERWE NIE (al beweeg hulle onder die kinders van die Koninkryk)(2 Pet. 2:9; 1 Kor. 6:8-10).

Die offer en wandel van die goddelose is vir die Here 'n GRUWEL (Spr. 15:8,9; 21:27) - hulle doen juis die dinge wat vir die Here afstootlik is, bv. trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,  ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,  een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai-Spr. 6:16-19. Goddelose mense/onregverdiges toon ook baiemaal die optrede waar hulle onregverdigheid regmaak en die regverdige skuldig verklaar (Spr. 17:15; 24:24), bv. om partydig te wees of omkoopgeskenke aan te neem, onregverdige wins maak, ens. (Spr. 24:23; Eseg. 22:27-29). In die boek van Judas word hulle o.a. beskryf as die wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:17,18) - bestudeer gerus die boek van Judas om meer te leer oor na wie "die goddeloses" verwys (bv. die ingesluiptes, die wat die genade van God verander in ongebondheid, die wat hulle eie beginsel nie bewaar nie, die wat agter vreemde vlees aan hoereer, die vlees in hulle dromerye besoedel, die heerskappy verag, lasteraars, vrugteloos, dwaalsterre, sinnelik, mumureerders, mense wat skeuring maak, ongehoorsames, ens. Alhoewel hierdie mense somtyds tussen die kinders vd Koninkryk beweeg, verloën hulle die Here en is ongelowig, en het nie die Heilige Gees nie.  Nog spesifieke groepe wat onder die goddelose gereken kan word, van mense wat o.a. onder die kinders van die Koninkryk beweeg, is "spotters", "onkruid" (is vals en deur die bose daar gesaai), "wolwe" (die valse profete), en "valse broeders".

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html

https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html

https://warechristene.blogspot.com/2021/12/die-boek-van-judas.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html

https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html

https://warechristene.blogspot.com/2025/04/wolwe-valse-profete.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2021/12/koring-en-onkruid.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/01/ongebondenheid.html

https://warechristene.blogspot.com/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html

https://warechristene.blogspot.com/2024/01/laster-godslasterlik-kwaadspreek.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html

https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-toorn-van-god.html

https://warechristene.blogspot.com/2024/01/laster-godslasterlik-kwaadspreek.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/10/begeer.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html


https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/06/vriend-of-vyand.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/06/valse-broeders.html

Dinsdag 01 April 2025

Aanstoot

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. 

AANSTOOT:

Aanstoot gee / aanstoot neem / tot aanstoot / aanstoot veroorsaak / 'n aanstoot wees

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Mense wat "aanstoot neem" of " 'n aanstoot is ", verwys oor die algemeen na mense wat ongelowig is of nie rein is nie;  bv., die wat aanstoot neem aan Jesus en aan die waarheid, is ongelowig... (kyk punt 1).  Die wat 'n aanstoot is is nie rein nie... (kyk punt 4). Die wat aanstoot veroorsaak (bv. teen die waarheid) kan veroorsaak dat ander afvallig word vd waarheid... (kyk punt 3). Die wat aanstoot gee, in die sin van iemand laat val, kan veroorsaak dat iemand sondig... (kyk punt 2). 

Die woord "AANSTOOT" is: 

(1) die Griekse woord "skan-dal-id'-zo" (soos skandalig), wat verwys na "om te vang , lok of verlei (tot sonde), afvallig of misnoeë... -   aanstoot neem (Mark. 11:6; 13:57; 15:12; 17:27; 26:31,33; Mark. 6:3; 14:27,29; Luk. 7:23; Joh. 6:61; Rom. 9:32,33; 14:21)(in hierdie konteks verwys dit veral na die wat afval a.g.v. ongeloof. Hulle stem nie saam met dit wat gese word of die manier van doen nie). Vgl. dit met Joh. 6:61 waarin Jesus se woorde baie van Sy volgelinge "tot aanstoot" was omdat hulle ongelowig was... (Joh 6:61 - "En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?")(daarom het hulle aanstoot geneem - misnoeë getoon, en baie van Jesus se volgelinge het terloops van daardie dag nie meer saam met Hom gewandel nie (Joh 6:64-66) - hierdie is baiemaal die gevolg van die wat aanstoot neem, is dat hulle hul afkeer (in hierdie sin, "afval van die geloof"). Kyk ook Matt. 26:30-35 - in hierdie geval sien ons hoe "aanstoot neem" veroorsaak het dat Jesus se dissipels Hom verraai het... - en hulle was verstrooi. Ongeloof het altyd hierdie tot gevolg, en dit is a.g.v. ongeloof wat hulle aanstoot geneem het. Jesus is self ook soos 'n "steen van aanstoot" omdat Hy die waarheid is (die Skrif leer terloops dat elkeen wat nie glo nie, m.a.w. die wat AANSTOOT NEEM (aan Hom), sal beskaam word... Rom 9:33).  Bestudeer ook die vb. in Matt. 11:2-6 (waar Johannes twee van sy dissipels stuur om seker te maak dat Jesus die Een is wat sou kom), waarin Jesus die volgende opmerking maak (Matt. 11:6 - "En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie") -die wat nie glo dat Hy die Seun van God en saligmaker is nie, sal aan Hom aanstoot neem ("aanstoot neem is 'n teken van ongeloof). Nog 'n vb. is in Matt. 13:54-57 ("En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis") - hulle het nie in Hom geglo nie, dit is hoekom hulle aanstoot geneem het.. Nog 'n vb. is in Matt. 15:5-14 ("Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?") - hulle het aanstoot geneem aan Sy woorde omdat hulle liewer menslike gebooie aangehang het as die waarheid.

(2) Die Gr. woord "pros'-kom-mah", wat verwys na "is tot aanstoot" - is 'n struikelblok (in hierdie konteks Rom. 14 is hulle gewaarsku om nie "tot aanstoot" te wees nie; in die sin van dat as iets vir iemand sonde is maar nie vir jou nie, moet jy nie vir hom 'n struikelblok wees om dit te doen, m.a.w hom lei om "te sondig" nie)(Rom. 14:20). Ons moet net eers vinnig onderskei tussen punt 1 en 2, want in beide gevalle verwys dit na "aanstoot gee", bv. die waarheid kan ook aanstoot gee..., maar die verskil is die waarheid gee nie aanstoot omdat dit "iemand kan laat sondig" nie (maar die rede hoekom iemand aanstoot neem in die waarheid is a.g.v. ongeloof - dit moet m.a.w. onderskei word van "swak geloof"). Punt 2 is 'n vb. van swak geloof (een glo nie hy mag iets doen, maar 'n ander glo hy mag). In hierdie geval is dit bv. verkeerd om iets doen wat "tot aanstoot" mag wees, bv. waar daar nie spesifieke wette neergele is (bv. in die N.T.) nie..., maar elkeen doen volgens wat sy gewete hom toelaat (bv. in die konteks van wat ons mag eet en wat nie, besnydenis, ens.). Ek mag bv. nie vir iemand verbied om vleis te eet as ek dink dis verkeerd nie; of as die ander persoon dit sien as verkeerd moet ek liewer nie vleis eet wanneer ons saameet nie (sodat ek "nie aanstoot gee nie";  m.a.w., vir hom is dit sonde, so ek moet nie veroorsaak dat hy vleis eet en dus sondig nie, want vir hom is dit sonde...).  Kyk Rom. 14:19-23 - elke Christen word in die gedeelte beveel om self te oordeel wat is vir hulle reg is om te eet en drink en wat nie, bv. vleis of wyn. Die rede hiervoor is deels om die vrede te bewaar... (Rom 14:19 - "Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien"). Jy mag miskien voel jy's vry om iets te eet, maar vir iemand anders wat nie vrede het daaroor nie, is dit sonde (omdat hy glo dis verkeerd, is dit vir hom verkeerd! - v. 21,22)  (en natuurlik, op ditto wyse mag hy ook nie jou vryheid bespied en aanstoot neem aan jou as jy glo dis reg om vleis te eet nie...)(Gal. 2:14; 4:9-10; 5:13; 2 Pet. 2:19; Hand. 15:24; ens.). Daar is ook 'n ander geleentheid waar Jesus vir ons gewys het wanneer ons "nie moet aanstoot gee nie", en dit is ook 'n geval van "vrede bewaar"...  Kyk Matt. 17 - alhoewel die wat van hulle verwag het om tempelbelasting te betaal verkeerd was, het Hy dit tog betaal sodat Hy hulle geen aanstoot gee nie... (Matt. 17:24-27)(vgl. dit gerus ook met die volgende tema: Matt. 5:42/ https://warechristene.blogspot.com/2013/02/gee-aan-hom-wat-jou-iets-vra.html). 

(3) Die Gr. woord "skan'-dal-on", wat verwys na "die wat AANSTOOT VEROORSAAK teen..." -  soos om 'n struikelblok of strik te wees (in hierdie konteks was hulle gewaarsku teen mense wat aanstoot veroorsaak teen "die leer", teen die waarheid - hulle kan veroorsaak dat ander van die waarheid afval)(Rom 16:17,18 - "En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges"). Die verskil tussen punt 2 en 3 is dat die wat dit doen in punt 3 opsetlik 'n struikelblok is, terwyl in punt 2 mense nie noodwendig bedoel om aanstoot te gee nie, maar is iets waarop broeders moet ag gee... (dat hulle dit nie doen nie). Punt 2 verwys na skape, en punt 3 verwys na valses/wolwe wat tweedrag saai en mense probeer afvallig maak van die gesonde leer.

(4) Die Gr. woord "ap-ros'-kop-os", wat verwys na "moet vir niemand 'N AANSTOOT WEES nie" (moet "sonder aanstoot" wees) - in hierdie konteks bedoelende "moet sonder fout wees"... (rein/ nie in sonde)(Fil. 1:9-11 - "En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God"). Die wat nie rein is nie, is soos suurdeeg in die kerk, wat " 'n aanstoot" kan wees, bv. dat hulle die hele deeg kan suurmaak (1 Kor. 5:6;Gal. 5:9). M.a.w., IN HIERDIE KONTEKS VERWYS die onreines in die kerk as mense wat " 'n aanstoot is " (hulle kan veroorsaak dat ander val (vgl. dit met punt 3).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2017/09/ongeloof.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/10/is-alles-vir-die-christen-rein.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html

https://warechristene.blogspot.com/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html

Afgodery

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog.  AFGODERY: afgodery, afgodediens, beeldediens (gruwels, vervoei...