Aankondig
Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo.
AANKONDIG / AANGEKONDIG / AANKONDIGING:
Die begrip aankondiging word hier bespreek veral in konteks met die "laaste basuin".
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer iets aangekondig word gaan 'n woord uit, bv. 1 Kon. 13:3,5 (in hierdie geval het die Here iemand gestuur om iets aan te kondig, bv. van wat sal gebeur). Waar die woord as "aan(ge)kondig" gebruik is in die AOV is dit nie altyd ditto Hebr. of Gr. woord wat gebruik is nie, en word bv. in verskillende beskrywende woorde vertaal in die KJV; bv. in Hand. 3:24 word dit in die engels vertaal as "foretold/voorspel" (Gr. woord "prok-at-ang-ghel'-lo", voorspel, gee kennis van iets voor dit gebeur); in Hos. 7:12 word dit vertaal as "heard/gehoor" (Hebr. woord "shay'-mah", geraas, hoor, harde geluid, verslag gee, spraak, tyding bring, ens.); in 1 Kon. 13:3 as "spoken/gespreek" (Hebreeuse. woord "daw-bar'", antwoord, aanstel, gebied, opdrag gee, praat, spreek, leer, vertel, ens.)(kyk ook Hebr. 9:19 - Gr. woord "lal-eh'-o", preek, se, praat, uiter, vertel); in 1 Kon. 13:5 as "given/gegee" (Hebr. woord "naw-than'", aanwend, aanstel, skenking, le neer op, aflewer, ens.); in 1 Pet. 1:12 as "reported/rapporteer" (Gr. woord "an-ang-el'-lo", verklaar, verslag gee, wys, spreek, repeteer, vertel); in Deut. 13:1 as "given"; in Matt. 12:18 "shew"...
Hoekom "aankondiging" hier in konteks gebring word met die laaste basuin, is omdat die blaas vd basuin soos 'n AANKONDIGING is (bv., gee kennis van iets voor dit gebeur, of wanneer iemand op hierdie manier verslag gee van iets of 'n tyding bring) - iemand spesifiek kry die opdrag om die aankondiging te doen, en dit word op 'n spesifieke manier gedoen bv. deur die blaas van die basuin, en dit is om mense se aandag te kry. Die "blaas van die basuin" was terloops iets wat deur God self ingestel was vir die volk (Num. 2:10)(was bv. 'n manier hoe die volk byeen geroep is om die laers in die woestyn te laat opbreek, maar dit is ook gebruik in feesfieringe en om die begin van elke fees en die begin van maande AAN TE KONDIG; die basuin was ook geblaas op Versoendag, bedoel om die volk in gedagtenis te bring voor die Here). Waar God aan die volk verskyn het op die berg in die woestyn (Eks. 19:16,19; 20:18) het dit ook gepaard gegaan met 'n BASUIN. Die "alarm blaas" of "basuin" is 'n manier wat die Here gebruik om mense se aandag te kry, hetsy aankondiging of waarskuwing. Die opstanding (asook wegraping wat daarmee gepaard gaan) sal ook aangekondig word met 'n basuin, en word terloops gemeld dat dit sal plaasvind "met die laaste basuin" (1 Kor. 15)(vgl. dit met die "7 basuine onder die 7de seel" in die boek van Openb.). Die 7 basuine wat in Openb. 8 beskryf word is ook 'n AANKONIDIGING VAN GEBEURE... (bv., die blaas van die basuine deur die engele is om kennis te gee of aan tekondig/te waarsku wat volgende gaan gebeur). Die Here se wederkoms sal ook aangekondig word met 'n basuin! (Sag. 9:14 - waarin terloops beskryf word asof dit deur die Here Homself geblaas sal word) - vgl. dit met 1 Thess. 4:16,17 wat verklaar dat die Here self sal van die hemel neerdaal MET 'N GEROEP, met die stem van ‘n aartsengel EN MET GEKLANK VD BASUIN van God (en terloops, dan volg die opstanding en dan die wegraping...).
___________________________________________________________________________________
Urls op die WareChristene Blog waarop hierdie onderwerp o.a. bespreek word:
- https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/07/die-geklank-van-die-basuin.html