Wys tans plasings met die etiket sonder af. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sonder af. Wys alle plasings

Dinsdag 12 Augustus 2025

Afsonder

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog.

AFSONDER:

afgesonder, afsonder(ing), heilig, 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die woord "afsonder" is -die Hebr. woord " naw-zar' ", wat beteken "om eenkant te sit" of "te skei van", bv. om 'n onreine af te skei vd res (Lev. 15:31)(Eseg. 14:7)(bv., tussen die groep wat afgesonder is, was Aaron spesifiek afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig);  of -die Hebr. woord " baw-dal'", wat verwys na om skeiding te maak (Neh. 13:3)(differensieer-bv., die Leviete was afgesonder vd res om vir die Here te werk)(Num. 8:14; Deut. 19:2; Eseg. 39:14)(Lev. 20:24-God het vir Hom 'n volk afgesonder..., wat verwys daarna dat hulle nie volgens die ander volke se insettinge lewe nie, maar volgens Sy wil/Lev. 20:22-27 / Esr. 9:1)(Deut. 10:8 - of wat wys hoe iemand afgesonder word vir 'n spesifieke taak, soos die stam van Levi afgesonder was, o.a. spesifiek afgesonder om die verbondsark te dra). Die woord "afsondering" in Deu 33:28 (Israel woon "in afsondering"). is die Hebr. woord " beh'-takh ", wat verwys na hoe hulle eenkant woon, sonder bekommernis, en veilig, het hoop, ens. Hier sien ons die konteks van die "afsondering" - daar is gewoonlik 'n rede vir afsondering, bv. afgesonder vir diens, of watookal. Kyk ook na die Gr. woord "ap-os-pah'-o", wat beteken "skei van" (verwyder jouself van...; bv. waar Jesus Homself vd dissipels af geskei het om te bid-Luk. 22:41); iemand wat afgesonder is is "afgeskei" van die ander (en met doel).  Kyk ook die Gr. woord "af-or-id'-zo", wat basies ditto beteken maar soos "verdeel van die res" waar iemand geroep word (Rom. 1:1-bv. Paulus, afgesonder tot die evangelie...- vgl. dit met Gal. 1:15, Paulus was afgesonder om die evangelie aan die heidene te bring/sy roeping). Afsondering is baiemaal in die konteks van "roeping" (eenkant gesit om iets spesifiek te doen - soos 'n werk wat iemand kry om te doen), en is gewoonlik bevestig deur 'n letterlike gebaar soos "die salwing met olie" (Eks. 28:41; 20:22). Die wat geestelike bedienings ontvang, word geroep om daardie werk te doen - is daarvoor "afgesonder" (Hand. 13:2/"sonder af").

Hierdie tema kan ook vgl. word met die woord "heilig" - wat nie net verwys na hoe iets of iemand eenkant gesit word vir 'n spesifieke taak of doel (Eks. 13:2) nie, maar is baiemaal in konneksie met "skoongemaak" en/of skoon/rein gehou word vir die doel - is bv. afgesonder/geheilig, en moenie ontheilig word nie (Eks. 19:10; 20:8)(in Eks. 19:23 mag die volk bv. nie op die berg geklim het nie, want dit was geheilig). Die wet en gebod is bv. geheilig (afgesonder) vir lering (Rom. 7:7). Jesus het Sy volk geheilig (afgesonder) deur Sy bloed... (Hebr. 10-8-14; 13:12). Die Here het homself ook "geheilig" vir Sy kinders (hulle Sy kinders, en Hy hulle God)(Joh. 10:36; Luk. 20:13) sodat hulle in die waarheid "geheilig" (afgesonder) kan wees (het die Gees van waarheid/kyk "salwing met die Heilige Gees"/1 Joh. 2:20,27). Jesus Christus is geheilig (afgesonder) as ewige hoëpriester... (Hebr. 7:26). Die wat deel het aan die eerste opstanding sal geheilig (afgesonder) word vir die ewige lewe... (Openb. 20:6). Die Christen se liggaam word ook gesien as "heilig"/is afgesonder - is 'n tempel van die Gees (1 Kor. 6:19; 3:17). Kyk ook die Gr. woord "hag-ee-ad'-zo", wat beteken "om heilig te wees, geheilig" (heilig die Here in julle harte..-1 Pet. 3:15)... In hierdie konteks beteken "om heilig te wees" dat iemand homself afsonder (2Kor. 6:17) - geestelike mense is mense wat hulleself afsonder vir die Here. Om jouself af te sonder beteken dat jy jouself eenkant plaas/hou vd res (bv. doen nie dieselfde as hulle nie);  soos om te verdeel van... (afsonder van ander volke/Esra 10:11)(afsonder van ander volke se gruwels/Esr. 9:1)(kyk ook die vb. van "afsonder" van gemengde bloed in Israel/Neh. 13:3). Op dieselfde wyse word Christene beveel om hulle "af te sonder"(2Kor:17), en die konteks is:  "Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige" (v. 18). In hierdie konteks is hulle eenkant afgeskei van die res van die mensdom om kinders vir die Here te wees... (weergeborenes behoort aan die Here/is van Sy vlees en bene, en is dus deel van Sy familie - en leef  noodwendig volgens Sy familie se reëls).  Weergeborenes word o.a. in die gedeelte beskryf as mense wat niks het nie maar tog alles besit!(2 Kor. 6:10), en die konteks waarin hulle gevra word in 2 Kor., "om hulleself af te sonder", is om nie in dieselfde juk te trek saam met die ongelowiges nie (moet nie deel in hulle ongeregtigheid  of hulle afgodstempels of dit wat onrein is nie)(2 Kor. 6:14-18). Om jou van die wêreld AF TE SONDER mag lyk of jy "verloor", maar die waarheid is dat alhoewel geestelike mense nou niks het nie, besit hulle eintlik alles! (Matt. 10:39; 16:25; Mark. 8:35; Luk. 9:24; 17:33; Joh. 12:25). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(-Wat beteken "heilige volk"?)   

(-ONDERSKEI TUSSEN WAT IS HEILIG EN WAT NIE)   

(-LAAT U NAAM GEHEILIG WORD)

(Heilig, onheilig, ontheilig)

(Salwing, salf met olie)

(Gawes en bedieninge vd Gees)

Afsonder

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. AFSONDER: afgesonder, afsonder(ing), heilig,  -----------------...