Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo.
AFDWAAL:
Afdwaal, dwaal, versoeking, mislei, verlei, slaap, dronk, verdwaal
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(1) Die woord "AFDWAAL" is die Hebr. woord "shaw-gaw'", wat verwys na iemand wat van 'n pad afgaan... - dwaal af, dwaal, is mislei, gaan verkeerd, onwetend sondig, volg iets na jou begeerte; / DWAAL (om af te dwaal na die vals of verkeerde.../Ps. 119:18)(Ps. 58:4-is verlei om te dwaal / van die regte pad afdwaal - die koers byster wees). Dit verwys na die "skape" wat afdwaal van die Here en Sy insettinge (1Pe 2:25) - dwalendes word ook somtyds na verwys as "DRONK" (die sinne bedorwe/dronk van sonde, wereldse wysheid, of deelname aan afgodspraktyke)(1 Kor. 6:10); of word na verwys as die wat "SLAAP" (is nie waaksaam nie)(1 Kor. 15:34; 1 Thess. 5:6,8; 2 Tim. 2:26; 1 Pet. 4:7). Dit is bv. gewoonlik wanneer die kerk slaap wat onkruid (valses) onder die koring gesaai word...; m.a.w., die wat "slaap" kan makliker verlei word, en die wat geestelik dronk is verwys op beurt na mense wat oorgegee is aan hulle eie begeertes en gedagtes - soos 'n dronke wat rondval - nie standvastig (dwaal). Daar is verskeie redes waarom die kinders vd koninkryk somtyds dwaal, bv. omdat hulle nie die Skrif ken nie en mislei word, of verlei word om te sondig, of bloot nie die krag van God ken nie! Baiemaal is dit wetend, bv. dat die persoon homself mislei (Matt. 22:29; Spr. 7:25; 1 Kor. 6:10; Jak. 1:16). Jesus het vir ons die voorbeeld gestel dat ons die skape wat afdwaal, moet soek en terugbring (Matt. 18:10-14) - hulle is nie verlore bloot omdat hulle afgedwaal het nie, maar hulle kan afval as hulle nie terugkom nie... (kyk 2de groep in die gelykenis vd saaier + 3 groep wat hulle vrug verloor). En die wat wetend die opregtes laat verdwaal, sal self in hulle eie kuil val; diesulkes kan nie verwag om die goeie te beerwe nie... (Spr. 28:10(2 Pet. 2:1-22 (v.15)).
(2) MISLEI of VERLEI: /-VAN DIE WAARHEID AFDWAAL of /-OM DEUR SONDE VERSOEK TE WORD. As 'n kind vd Koninkryk nie in die Here se gebooie en insettinge bly nie (maar ander gebooie begin volg), dan is hy besig om af te dwaal... (Ps. 119:10,21). Hierdie is baiemaal die gevolg van iemand wat MISLEI of VERLEI is (Psa_119:118 - "U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieƫry is leuens"), en is of WETEND of ONWETEND. Daar is verskillende maniere hoe mense mislei of verlei word, bv. deur die duiwel, deur ander mense of somtyds mislei iemand homself! (bv. dat hy weet wat is die waarheid maar hy lieg vir homself om die leuen te glo)(Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18) - soos wanneer iemand afdwaal vd kennis van God en 'n verkeerde sienswyse regverdig (1 Kor. 15). Hierdie is baiemaal die gevolg van iemand wat verlei is deur wereldse sieninge en liewer daarin wil glo - en dwaal so af deur hulle hoop eerder daarin te plaas (1 Kor. 15 en 6). Jesus het baie geleer oor hoe belangrik dit is om vas te hou en in Hom te bly (Joh. 15)(anders kan jy nie vrug dra nie, of kan vrug verloor). Die geestelike mens wat lewe deur die asem vd Heilige Gees, kan slegs in die lewe bly as hy geestelike kos en water neem.
(3) DEUR SONDE VERLEI: Een rede waarom mense somtyds afdwaal, is a.g.v. sonde (word deur sonde versoek en oorval -Gal. 6; Jak. 1:16). Vgl. hierdie gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier, wat verwys na die wat hulle vrug verloor; m.a.w., wanneer iemand "onder die dorings saai, sal die dorings sy vrug verstik". Sommige kinders vd Koninkryk wat in die geloof begin het en begin vrug dra, verloor hulle vrug deur die sorge en rykdom en genietinge/begeerlikhede vd lewe... (wat jy saai sal jy maai/Gal. 6:7). Diesulkes kan ook (soos die 2de groep in die gelykenis vd saaier) "sonder vrug" opeindig as hulle nie pasop nie... (1 Kor. 6:10). Die dwalende het nodig om hom te bekeer van sy dwaalweg (wat in hierdie geval na sonde verwys)..., veral as hy wetend is, maar natuurlik word dit ook verwag die oomblik wanneer die een wat onwetend sondig, wetend word.
(4) ONWETEND: Die twee begrippe "ONWETENDES" en "dwalendes" word somtyds in dieselfde konteks na verwys (Hebr. 5:2), want iemand dwaal nie noodwendig wetend nie. Mense wat begin afdwaal van die waarheid doen gewoonlik so omdat hulle verlei word (is mislei) - bv. om verlei te word deur die duiwel of 'n mens/Hebr. 3; Gal. 6. Bv., "onwetendes" wat mislei is en die leuen begin glo, praat verkeerde dinge... (1 Kor. 15:33; Mark. 12:27)(en word dus somtyds verkeerdelik vgl. met valses) - solank diesulkes die dwaalweg volg, kan hulle nie vrug verdien nie. Hulle het 'n kans as hulle maar net die waarheid hoor, en ag gee daarop! (1 Kor. 15:33). Paulus is 'n goeie vb. van iemand wat onwetend gesondig het, maar toe hy die waarheid hoor het hy gekies om die Here te volg. 'n DWALENDE wat dwaal omday hy onwetend is, het nodig om tot insig gebring te word, en dan is dit belangrik dat daardie persoon die waarheid kies; m.a.w., hy moet hom bekeer van sy dwaalweg.
(5) WETEND: Dit is egter anders wanneer iemand dwaal omdat hy wetend is!, want so 'n persoon moet nie nog eers tot insig gebring word nie, maar weet klaar hy is verkeerd. Hierdie is een van die redes waarom mense somtyds afdwaal van die waarheid, is a.g.v. 'n verharde, ongelowige of bose hart (Hebr. 3:10) - in hierdie geval verwys dit nie na 'n onwetende nie, maar WETENDES! (en dit is gevaarlik, want diesulkes kan hulle vrug verloor - sien 3de groep in die gelykenis vd saaier). Dit is moeiliker om 'n wetende terug te bring op die pad (maar natuurlik nie onmoonltik nie). In meeste gevalle in die Skrif waar daar na dwalendes verwys word, is dit in hierdie konteks van kinders vd Koninkryk wat ONGELOWIG is... - hulle dwaal omdat hulle die kennis van die Here verwerp. Om wetend van die regte pad af te dwaal is baie gevaarlik vir 'n kind vd Koninkryk (Spr. 21:16). 'n Goeie vb. is die wat "geen wortel het nie" - hulle is geneig om maklik te begin dwaal, en dit kan tot geval he dat hulle afval! (bv. in tyd van versoeking - sien 2de groep in die gelykenis vd saaier) - dit verwys nie na mense wat ongelowig is nie maar mense "wat net vir 'n tyd glo" (m.a.w., nadat hulle begin glo het word hulle weer ongelowig). Ander voorbeelde is die wat in sonde (wetend) verval, of die wat wetend wereldse wysheid eerder kies. Wat met sulke mense gebeur, is dat hulle nie geestelik kan groei en vrug dra nie (bv., hdie wat nie wortel het nie, kan nie groei nie; en die wat afdwaal kan nie vrug dra nie). L.w. dat die wat sonder vrug is wanneer Jesus terugkom, sal soos KAF uitgegooi word (is vrugteloos/onbruikbaar-hulle lyk soos koring, maar het nie vrug nie/Matt. 3:12; Luk. 3:17), en die wat wetend die valse of verkeerde gekies het, sal soos die valses hanteer word (2 Pet. 2; 1 Kor. 6:10; 15:33; Spr. 21:16; 28:10; Jud. 1:11; Openb. 2:14-16; Gal. 6:7; Jak. 1:16; ens.). Mense wat dwaal neem nie die (regte soort) geestelike kos en water wat hulle in die lewe laat bly nie... - hulle uiteinde is die dood sou hulle nie tot bekering kom nie (Spr. 21:16; Matt. 3:12)(Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/07/kan-iemand-weer-tot-bekering-kom.html
https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html
https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/08/versoeking-2.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html
https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/wie-is-die-koring-en-die-kaf.html
https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html