Wys tans plasings met die etiket wildernis. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wildernis. Wys alle plasings

Vrydag 16 Mei 2025

Aarde

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AARDE:

Aarde / grond/land/veld/wildernis/wêreld

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die woord "AARDE" kom in sowat 844 verse in die Bybel voor, en is die Hebr. woord "eh'-rets" en Gr. woord "ghay", wat verwys na "land, veld, grond, aarde, wildernis, wêreld...". Waar kom die aarde vandaan? Die aarde het uit water en deur water ontstaan, deur die woord van God... (1 Pet. 3:5; Sag. 12:1). Die Skrif leer verder dat die Vader die wêreld deur Jesus Christus gemaak het..., en Hy het Hom as erfgenaam aangestel... (Hebr. 1:2). Jesus Christus (die Beeld van die onsienlike God en Eersgeborene van die hele skepping/Kol. 1:15), is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand... (Kol. 1:17) - in Hom is alle dinge geskep wat in die hemele (wat sekerlik verwys na die twee hemele bo die aarde, nl. waar die voels vlieg en die deel waar son, maan en sterre is) en op die aarde is! (wat sienlik en onsienlik is.............—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape)(Kol. 1:16). Die Vader het alles in Sy Seun se hand oorgegee (Luk. 10:22; Joh. 3:35; Joh. 17:2; 1 Kor. 15:27), en aan Hom is gegee alle mag in die hemel en op AARDE (Matt. 28:18).

(1) Die woord "aarde" verwys na "GROND" (God het die droë grond "aarde" genoem - Gen. 1:10). In die begin, toe God die hemel en aarde geskep het, was die aarde (m.a.w., "grond") woes en leeg en donker en onder water... (Gen. 1:1,2) - eers het Hy die lig geskep, en toe 'n uitspansel (bo die aarde) tussen die waters, en toe het Hy die waters op aarde laat versamel op een plek sodat die droë grond sigbaar geword het... (Gen. 1:6-10; Openb. 3:14). Wanneer ons na die aarde verwys, verwys ons dus na die GROND (nie die hemele bo die aarde of die see, of dit wat onder die aarde is nie, maar mag in sekere kontekste ook na die versamelde waters verwys). God het die GROND (m.a.w. "aarde") ook gebruik om al die diere op aarde en al die voëls van die hemel te skep... (Gen. 2:19), asook het Hy die mens uit grond (stof) geskep! (Gen. 2:7; 3:19; 5:29). Die woord "grond" in Hebr. word terloops in verskillende kontekste vertaal as aarde, land, wereld, en selfs  "man" (Hebr. woord "ad-aw-maw'") - die mens word in beeldspraak ook baiemaal vgl. met grond... (Rom. 7:5; Hebr. 6:7,8; Jer. 4:3; Matt. 13:7:22-gelykenis vd saaier; ens.)(2Pe 3:5). 

(2) Daar moet onderskei word tussen die terme "aarde" en "hemel/e" (Matt. 6:10, 19,20; 11:25; 16:19; ens.)(hemele verwys na dit wat aan, langs en bo die uitspansel is), want baie Christene glo bv. dat hulle vir ewig in die (derde/boonste) hemel gaan bly omdat hulle nie onderskei tussen die terme "aarde" en "hemel" nie. Die Bybel leer dat die sagmoediges die aarde (grond, land, wereld) sal beërwe... (Matt. 5:5), en dat die wat die Here verwag die aarde sal besit...(Ps. 37:9,34), en dat die ootmoediges die aarde sal besit... (Ps. 37:22), en dat die regverdiges die aarde sal besit en vir ewig daarop woon... (Ps. 37:29)..., maar "aarde" hier verwys nie na "hemel" nie! Die wat gered word sal "die aarde" (land, grond, veld, wildernis, wereld) beërwe.  Die belofte aan Abraham was ook dat hy 'n erfgeneem van "die wêreld" (die aarde) sou wees (Rom. 4:13). Christus se ewige koninkryk verwys ook na 'n koninkryk "op aarde"... (Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; 89:3,4,36; Sag. 14:9; Eseg. 35:25; Mig. 4:7; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34; Openb. 11:15; 19:11-21; 20:6,7; Jes. 24:23; Luk. 1:32,33; ...). 

(3) In Openb. 21, met die skepping van die nuwe hemel en aarde, verwys "aarde" ook net  na die land/grond gedeelte (nie die hemel nie, alhoewel die hemele dan ook vernuwe sal word). DIE AARDE SOOS ONS DIT NOU KEN, SAL EENDAG VERBYGAAN EN 'N NUWE AARDE (en hemel) SAL GESKEP WORD (Openb. 21:1). Wie sal op die nuwe aarde bly? - die wat gered word... (Openb. 21:24). 

(4) Daar moet ook onderskei word tussen die woorde "aarde(Gen. 1:1,10,11,12,15,17,20,22,28,29,30;  2:7,19; 3:17,19;  Openb. 20:8;  21:24 ens.) en "skepping" (Mark. 10:6; 13:19; Rom. 1:20; 8:19-22; Kol. 1:15; Hebr. 9:11; 2 Pet. 3:4; Openb. 3:14), want mense verwys somtyds na "skepping" as "aarde"... (bv. wanneer daar gevra word of die "aarde" rond is?  - die korrekte manier is om te vra of "die skepping rond" is..., en ja, dit wil voorkom of die skepping rond is..., want in die Bybel word die skepping voorgestel soos 'n bal/Jes. 40:22/Gen. 1:6-8, en "die aarde" word voorgestel soos 'n sirkel /Spr. 8:27...). Die woord "aarde" verwys bloot na die grond of land (terwyl die woord "skepping" verwys na "wat geskep is"... - nie net die land nie, maar bv. ook die uitspansel bo met die hemele aan en langs...). Die skepping, waarvan die "aarde/droë grond" deel is, word beskryf in Gen. 1 en 2. Daar moet dus onderskei word tussen die woord "aarde" en "skepping" want in die Skrif verwys aarde bloot na die land/grond gedeelte (met alles wat op die aarde groei en beweeg -Gen. 1:11,12, 20-26), terwyl die woord "skepping" nie net na die aarde verwys nie, maar ook die hemel aan en langs die uitspansel.

(5) Na die sondeval is die aarde (grond, land, wêreld) om die mens se ontwil vervloek... (Gen. 3:17-19) - dit verwys nie net na die grond self nie, maar ook alles bo-op die grond. Wat het dit beteken? - arbeid was nou o.a. moeitevol... Hoekom? Want die aarde het ook nou dorings en distels voortgebring (Gen. 3:17-19)(en ons weet, as grond dorings en distels voortbring deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding-Hebr. 6:8). Die aarde (en hemele, nl. "langs en aan") sal wel eendag verbrand word... (2 Pet. 3:10), maar ook nuutgemaak word! (Openb. 21,22). Dan sal dit nie meer onderwerp wees aan die vervloeking nie (Gen. 3:17-19; 5:29). Die toestand waarin die aarde huidiglik verkeer kan beskryf word dat dit ter wille van die mens onderwerp is aan verganklikheid - "dit is onder slawerny"... (soos die mens 'n slaaf is van sonde en dus verganklik, is die skepping 'n slaaf van verganklikheid)(Rom. 8:20-22).  Sonde ontheilig/verderf die aarde... (Jes. 24:5,6; Gen. 6:11,12) - dus, net soos die mens redding nodig het, het die aarde ook eintlik redding/vernuwing nodig (gereddes sal op 'n nuwe, maw ook "vernuwe" aarde bly)(2 Pet. 3:10,12; Jes. 24:5,6). Maar daar is 'n geval waar God alreeds ingegryp het toe die goddeloosheid op aarde te veel was, nl.met die sondvloed (maar Hy sal nie weer alles deur water verwoes nie/Gen. 8:21,28). Die aarde is steeds onderwerp aan verganklikheid agv die mens (Rom. 8:20-22)(sonde het 'n invloed op die land). Wanneer Jesus terugkom word die aarde en hemel nog nie heeltemal vernuwe nie, maar sekere dele sal wel al vernuwe word, bv. beslis die land waarop die heilige volk lewe... (hulle het dan teen daai tyd al opgestaan in nuwe liggame wat onverganklik is, so logies gesproke moet die land waarop hulle bly ook verander.../Jes. 11:1-8; Jes. 65:17-212 Pet. 3:7,13).  Hierdie aarde (en hemel) soos ons dit nou ken, sal eendag verbygaan en heel nuut geskep word (Matt. 24:35; Openb. 21 en 22). 

(6) Die Skrif gebruik somtyds woorde soos dat die grond sy mond oopgemaak het om bloed te ontvang of te drink, bv. waar iemand begrawe word (Gen. 4:11; Job 16:18; Num. 16:30)(vhierdie woorde word veral gebruik in die konteks met "onskuldige bloed" wat gevloei het...,Jes. 26:21, om te wys dat iemand dit nie vir die Here kan wegsteek nie).  Die aarde (grond) sal eendag verslag gee van al die bloed wat dit ontvang het - sal die bloed openbaar maak. 

(7) Die aarde kan opgedeel word in 4 hoeke (kwarte) of windstreke (Jes. 11:12; Hand. 10:11; Luk. 13:29; 1 Kron. 9:24; Openb. 7:1; 20:8; Eseg. 37:9; Dan. 8:8; Matt. 24:31; ens.). Die Skrif leer dat aan die einde van die volgende 1000jr-bedeling, die duiwel losgelaat sal word (nadat hy vir 'n 1000jr gebind was), en hy sal mense uit al die "hoeke" (van oral oor die breedte, maw uit al 4 windstreke) vd aarde verlei om op te trek teen die heilige stad... (Openb. 20:8,9). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2016/02/die-skepping-2.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/is-die-aarde-rond.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/06/nuwe-hemel-en-aarde-die-here-sal-kom-in.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html


Afdwaal

  Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerp...