Dinsdag 27 Mei 2025

Afdwaal

 Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AFDWAAL:

Afdwaal, dwaal, versoeking, mislei, verlei, slaap, dronk, verdwaal

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(1) Die woord "AFDWAAL" is die Hebr. woord "shaw-gaw'", wat verwys na iemand wat van 'n pad afgaan... - dwaal af, dwaal, is mislei, gaan verkeerd, onwetend sondig, volg iets na jou begeerte;  / DWAAL (om af te dwaal na die vals of verkeerde.../Ps. 119:18)(Ps. 58:4-is verlei om te dwaal / van die regte pad afdwaal - die koers byster wees). Dit verwys na die "skape" wat afdwaal van die Here en Sy insettinge (1Pe 2:25) - dwalendes word ook somtyds na verwys as "DRONK" (die sinne bedorwe/dronk van sonde, wereldse wysheid, of deelname aan afgodspraktyke)(1 Kor. 6:10);  of word na verwys as die wat "SLAAP" (is nie waaksaam nie)(1 Kor. 15:34; 1 Thess. 5:6,8; 2 Tim. 2:26; 1 Pet. 4:7). Dit is bv. gewoonlik wanneer die kerk slaap wat onkruid (valses) onder die koring gesaai word...;  m.a.w., die wat "slaap" kan makliker verlei word, en die wat geestelik dronk is verwys op beurt na mense wat oorgegee is aan hulle eie begeertes en gedagtes - soos 'n dronke wat rondval - nie standvastig (dwaal). Daar is verskeie redes waarom die kinders vd koninkryk somtyds dwaal, bv. omdat hulle nie die Skrif ken nie en mislei word, of verlei word om te sondig, of bloot nie die krag van God ken nie!   Baiemaal is dit wetend, bv. dat die persoon homself mislei (Matt. 22:29; Spr. 7:25; 1 Kor. 6:10; Jak. 1:16). Jesus het vir ons die voorbeeld gestel dat ons die skape wat afdwaal, moet soek en terugbring (Matt. 18:10-14) - hulle is nie verlore bloot omdat hulle afgedwaal het nie, maar hulle kan afval as hulle nie terugkom nie... (kyk 2de groep in die gelykenis vd saaier + 3 groep wat hulle vrug verloor). En die wat wetend die opregtes laat verdwaal, sal self in hulle eie kuil val;  diesulkes kan nie verwag om die goeie te beerwe nie... (Spr. 28:10(2 Pet. 2:1-22 (v.15)).

(2) MISLEI of VERLEI:   /-VAN DIE WAARHEID AFDWAAL of /-OM DEUR SONDE VERSOEK TE WORD. As 'n kind vd Koninkryk nie in die Here se gebooie en insettinge bly nie (maar ander gebooie begin volg), dan is hy besig om af te dwaal... (Ps. 119:10,21). Hierdie is baiemaal die gevolg van iemand wat MISLEI of VERLEI is (Psa_119:118 - "U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens"), en is of WETEND of ONWETEND. Daar is verskillende maniere hoe mense mislei of verlei word, bv. deur die duiwel, deur ander mense of somtyds mislei iemand homself! (bv. dat hy weet wat is die waarheid maar hy lieg vir homself om die leuen te glo)(Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18) - soos wanneer iemand afdwaal vd kennis van God en 'n verkeerde sienswyse regverdig (1 Kor. 15). Hierdie is baiemaal die gevolg van iemand wat verlei is deur wereldse sieninge en liewer daarin wil glo - en dwaal so af deur hulle hoop eerder daarin te plaas (1 Kor. 15 en 6). Jesus het baie geleer oor hoe belangrik dit is om vas te hou en in Hom te bly (Joh. 15)(anders kan jy nie vrug dra nie, of kan vrug verloor). Die geestelike mens wat lewe deur die asem vd Heilige Gees, kan slegs in die lewe bly as hy geestelike kos en water neem. 

(3) DEUR SONDE VERLEI:  Een rede waarom mense somtyds afdwaal, is a.g.v. sonde (word deur sonde versoek en oorval -Gal. 6; Jak. 1:16). Vgl. hierdie gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier, wat verwys na die wat hulle vrug verloor;  m.a.w., wanneer iemand "onder die dorings saai, sal die dorings sy vrug verstik". Sommige kinders vd Koninkryk wat in die geloof begin het en begin vrug dra, verloor hulle vrug deur die sorge en rykdom en genietinge/begeerlikhede vd lewe... (wat jy saai sal jy maai/Gal. 6:7).  Diesulkes kan ook (soos die 2de groep in die gelykenis vd saaier) "sonder vrug" opeindig as hulle nie pasop nie... (1 Kor. 6:10). Die dwalende het nodig om hom te bekeer van sy dwaalweg (wat in hierdie geval na sonde verwys)..., veral as hy wetend is, maar natuurlik word dit ook verwag die oomblik wanneer die een wat onwetend sondig, wetend word.

(4) ONWETEND: Die twee begrippe "ONWETENDES" en "dwalendes" word somtyds in dieselfde konteks na verwys (Hebr. 5:2), want iemand dwaal nie noodwendig wetend nie. Mense wat begin afdwaal van die waarheid doen gewoonlik so omdat hulle verlei word (is mislei) - bv. om verlei te word deur die duiwel of 'n mens/Hebr. 3; Gal. 6. Bv., "onwetendes" wat mislei is en die leuen begin glo, praat verkeerde dinge... (1 Kor. 15:33; Mark. 12:27)(en word dus somtyds verkeerdelik vgl. met valses) - solank diesulkes die dwaalweg volg, kan hulle nie vrug verdien nie. Hulle het 'n kans as hulle maar net die waarheid hoor, en ag gee daarop! (1 Kor. 15:33). Paulus is 'n goeie vb. van iemand wat onwetend gesondig het, maar toe hy die waarheid hoor het hy gekies om die Here te volg. 'n DWALENDE wat dwaal omday hy onwetend is, het nodig om tot insig gebring te word, en dan is dit belangrik dat daardie persoon die waarheid kies;  m.a.w., hy moet hom bekeer van sy dwaalweg. 

(5) WETEND: Dit is egter anders wanneer iemand dwaal omdat hy wetend is!, want so 'n persoon moet nie nog eers tot insig gebring word nie, maar weet klaar hy is verkeerd. Hierdie is een van die redes waarom mense somtyds afdwaal van die waarheid, is a.g.v. 'n verharde, ongelowige of bose hart (Hebr. 3:10) - in hierdie geval verwys dit nie na 'n onwetende nie, maar WETENDES! (en dit is gevaarlik, want diesulkes kan hulle vrug verloor - sien 3de groep in die gelykenis vd saaier). Dit is moeiliker om 'n wetende terug te bring op die pad (maar natuurlik nie onmoonltik nie). In meeste gevalle in die Skrif waar daar na dwalendes verwys word, is dit in hierdie konteks van kinders vd Koninkryk wat ONGELOWIG is... - hulle dwaal omdat hulle die kennis van die Here verwerp. Om wetend van die regte pad af te dwaal is baie gevaarlik vir 'n kind vd Koninkryk (Spr. 21:16). 'n Goeie vb. is die wat "geen wortel het nie" - hulle is geneig om maklik te begin dwaal, en dit kan tot geval he dat hulle afval! (bv. in tyd van versoeking - sien 2de groep in die gelykenis vd saaier) - dit verwys nie na mense wat ongelowig is nie maar mense "wat net vir 'n tyd glo" (m.a.w., nadat hulle begin glo het word hulle weer ongelowig). Ander voorbeelde is die wat in sonde (wetend) verval, of die wat wetend wereldse wysheid eerder kies. Wat met sulke mense gebeur, is dat hulle nie geestelik kan groei en vrug dra nie (bv., hdie wat nie wortel het nie, kan nie groei nie;  en die wat afdwaal kan nie vrug dra nie).  L.w. dat die wat sonder vrug is wanneer Jesus terugkom, sal soos KAF uitgegooi word (is vrugteloos/onbruikbaar-hulle lyk soos koring, maar het nie vrug nie/Matt. 3:12; Luk. 3:17), en die wat wetend die valse of verkeerde gekies het, sal soos die valses hanteer word (2 Pet. 2; 1 Kor. 6:10; 15:33; Spr. 21:16; 28:10; Jud. 1:11; Openb. 2:14-16; Gal. 6:7; Jak. 1:16; ens.). Mense wat dwaal neem nie die (regte soort) geestelike kos en water wat hulle in die lewe laat bly nie... - hulle uiteinde is die dood sou hulle nie tot bekering kom nie (Spr. 21:16; Matt. 3:12)(Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/07/kan-iemand-weer-tot-bekering-kom.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html

https://warechristene.blogspot.com/2013/08/versoeking-2.html

https://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/wie-is-die-koring-en-die-kaf.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

Vrydag 16 Mei 2025

Aarde

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AARDE:

Aarde / grond/land/veld/wildernis/wêreld

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die woord "AARDE" kom in sowat 844 verse in die Bybel voor, en is die Hebr. woord "eh'-rets" en Gr. woord "ghay", wat verwys na "land, veld, grond, aarde, wildernis, wêreld...". Waar kom die aarde vandaan? Die aarde het uit water en deur water ontstaan, deur die woord van God... (1 Pet. 3:5; Sag. 12:1). Die Skrif leer verder dat die Vader die wêreld deur Jesus Christus gemaak het..., en Hy het Hom as erfgenaam aangestel... (Hebr. 1:2). Jesus Christus (die Beeld van die onsienlike God en Eersgeborene van die hele skepping/Kol. 1:15), is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand... (Kol. 1:17) - in Hom is alle dinge geskep wat in die hemele (wat sekerlik verwys na die twee hemele bo die aarde, nl. waar die voels vlieg en die deel waar son, maan en sterre is) en op die aarde is! (wat sienlik en onsienlik is.............—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape)(Kol. 1:16). Die Vader het alles in Sy Seun se hand oorgegee (Luk. 10:22; Joh. 3:35; Joh. 17:2; 1 Kor. 15:27), en aan Hom is gegee alle mag in die hemel en op AARDE (Matt. 28:18).

(1) Die woord "aarde" verwys na "GROND" (God het die droë grond "aarde" genoem - Gen. 1:10). In die begin, toe God die hemel en aarde geskep het, was die aarde (m.a.w., "grond") woes en leeg en donker en onder water... (Gen. 1:1,2) - eers het Hy die lig geskep, en toe 'n uitspansel (bo die aarde) tussen die waters, en toe het Hy die waters op aarde laat versamel op een plek sodat die droë grond sigbaar geword het... (Gen. 1:6-10; Openb. 3:14). Wanneer ons na die aarde verwys, verwys ons dus na die GROND (nie die hemele bo die aarde of die see, of dit wat onder die aarde is nie, maar mag in sekere kontekste ook na die versamelde waters verwys). God het die GROND (m.a.w. "aarde") ook gebruik om al die diere op aarde en al die voëls van die hemel te skep... (Gen. 2:19), asook het Hy die mens uit grond (stof) geskep! (Gen. 2:7; 3:19; 5:29). Die woord "grond" in Hebr. word terloops in verskillende kontekste vertaal as aarde, land, wereld, en selfs  "man" (Hebr. woord "ad-aw-maw'") - die mens word in beeldspraak ook baiemaal vgl. met grond... (Rom. 7:5; Hebr. 6:7,8; Jer. 4:3; Matt. 13:7:22-gelykenis vd saaier; ens.)(2Pe 3:5). 

(2) Daar moet onderskei word tussen die terme "aarde" en "hemel/e" (Matt. 6:10, 19,20; 11:25; 16:19; ens.)(hemele verwys na dit wat aan, langs en bo die uitspansel is), want baie Christene glo bv. dat hulle vir ewig in die (derde/boonste) hemel gaan bly omdat hulle nie onderskei tussen die terme "aarde" en "hemel" nie. Die Bybel leer dat die sagmoediges die aarde (grond, land, wereld) sal beërwe... (Matt. 5:5), en dat die wat die Here verwag die aarde sal besit...(Ps. 37:9,34), en dat die ootmoediges die aarde sal besit... (Ps. 37:22), en dat die regverdiges die aarde sal besit en vir ewig daarop woon... (Ps. 37:29)..., maar "aarde" hier verwys nie na "hemel" nie! Die wat gered word sal "die aarde" (land, grond, veld, wildernis, wereld) beërwe.  Die belofte aan Abraham was ook dat hy 'n erfgeneem van "die wêreld" (die aarde) sou wees (Rom. 4:13). Christus se ewige koninkryk verwys ook na 'n koninkryk "op aarde"... (Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; 89:3,4,36; Sag. 14:9; Eseg. 35:25; Mig. 4:7; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34; Openb. 11:15; 19:11-21; 20:6,7; Jes. 24:23; Luk. 1:32,33; ...). 

(3) In Openb. 21, met die skepping van die nuwe hemel en aarde, verwys "aarde" ook net  na die land/grond gedeelte (nie die hemel nie, alhoewel die hemele dan ook vernuwe sal word). DIE AARDE SOOS ONS DIT NOU KEN, SAL EENDAG VERBYGAAN EN 'N NUWE AARDE (en hemel) SAL GESKEP WORD (Openb. 21:1). Wie sal op die nuwe aarde bly? - die wat gered word... (Openb. 21:24). 

(4) Daar moet ook onderskei word tussen die woorde "aarde(Gen. 1:1,10,11,12,15,17,20,22,28,29,30;  2:7,19; 3:17,19;  Openb. 20:8;  21:24 ens.) en "skepping" (Mark. 10:6; 13:19; Rom. 1:20; 8:19-22; Kol. 1:15; Hebr. 9:11; 2 Pet. 3:4; Openb. 3:14), want mense verwys somtyds na "skepping" as "aarde"... (bv. wanneer daar gevra word of die "aarde" rond is?  - die korrekte manier is om te vra of "die skepping rond" is..., en ja, dit wil voorkom of die skepping rond is..., want in die Bybel word die skepping voorgestel soos 'n bal/Jes. 40:22/Gen. 1:6-8, en "die aarde" word voorgestel soos 'n sirkel /Spr. 8:27...). Die woord "aarde" verwys bloot na die grond of land (terwyl die woord "skepping" verwys na "wat geskep is"... - nie net die land nie, maar bv. ook die uitspansel bo met die hemele aan en langs...). Die skepping, waarvan die "aarde/droë grond" deel is, word beskryf in Gen. 1 en 2. Daar moet dus onderskei word tussen die woord "aarde" en "skepping" want in die Skrif verwys aarde bloot na die land/grond gedeelte (met alles wat op die aarde groei en beweeg -Gen. 1:11,12, 20-26), terwyl die woord "skepping" nie net na die aarde verwys nie, maar ook die hemel aan en langs die uitspansel.

(5) Na die sondeval is die aarde (grond, land, wêreld) om die mens se ontwil vervloek... (Gen. 3:17-19) - dit verwys nie net na die grond self nie, maar ook alles bo-op die grond. Wat het dit beteken? - arbeid was nou o.a. moeitevol... Hoekom? Want die aarde het ook nou dorings en distels voortgebring (Gen. 3:17-19)(en ons weet, as grond dorings en distels voortbring deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding-Hebr. 6:8). Die aarde (en hemele, nl. "langs en aan") sal wel eendag verbrand word... (2 Pet. 3:10), maar ook nuutgemaak word! (Openb. 21,22). Dan sal dit nie meer onderwerp wees aan die vervloeking nie (Gen. 3:17-19; 5:29). Die toestand waarin die aarde huidiglik verkeer kan beskryf word dat dit ter wille van die mens onderwerp is aan verganklikheid - "dit is onder slawerny"... (soos die mens 'n slaaf is van sonde en dus verganklik, is die skepping 'n slaaf van verganklikheid)(Rom. 8:20-22).  Sonde ontheilig/verderf die aarde... (Jes. 24:5,6; Gen. 6:11,12) - dus, net soos die mens redding nodig het, het die aarde ook eintlik redding/vernuwing nodig (gereddes sal op 'n nuwe, maw ook "vernuwe" aarde bly)(2 Pet. 3:10,12; Jes. 24:5,6). Maar daar is 'n geval waar God alreeds ingegryp het toe die goddeloosheid op aarde te veel was, nl.met die sondvloed (maar Hy sal nie weer alles deur water verwoes nie/Gen. 8:21,28). Die aarde is steeds onderwerp aan verganklikheid agv die mens (Rom. 8:20-22)(sonde het 'n invloed op die land). Wanneer Jesus terugkom word die aarde en hemel nog nie heeltemal vernuwe nie, maar sekere dele sal wel al vernuwe word, bv. beslis die land waarop die heilige volk lewe... (hulle het dan teen daai tyd al opgestaan in nuwe liggame wat onverganklik is, so logies gesproke moet die land waarop hulle bly ook verander.../Jes. 11:1-8; Jes. 65:17-212 Pet. 3:7,13).  Hierdie aarde (en hemel) soos ons dit nou ken, sal eendag verbygaan en heel nuut geskep word (Matt. 24:35; Openb. 21 en 22). 

(6) Die Skrif gebruik somtyds woorde soos dat die grond sy mond oopgemaak het om bloed te ontvang of te drink, bv. waar iemand begrawe word (Gen. 4:11; Job 16:18; Num. 16:30)(vhierdie woorde word veral gebruik in die konteks met "onskuldige bloed" wat gevloei het...,Jes. 26:21, om te wys dat iemand dit nie vir die Here kan wegsteek nie).  Die aarde (grond) sal eendag verslag gee van al die bloed wat dit ontvang het - sal die bloed openbaar maak. 

(7) Die aarde kan opgedeel word in 4 hoeke (kwarte) of windstreke (Jes. 11:12; Hand. 10:11; Luk. 13:29; 1 Kron. 9:24; Openb. 7:1; 20:8; Eseg. 37:9; Dan. 8:8; Matt. 24:31; ens.). Die Skrif leer dat aan die einde van die volgende 1000jr-bedeling, die duiwel losgelaat sal word (nadat hy vir 'n 1000jr gebind was), en hy sal mense uit al die "hoeke" (van oral oor die breedte, maw uit al 4 windstreke) vd aarde verlei om op te trek teen die heilige stad... (Openb. 20:8,9). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2016/02/die-skepping-2.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/is-die-aarde-rond.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/06/nuwe-hemel-en-aarde-die-here-sal-kom-in.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html


Donderdag 15 Mei 2025

Goddelose mense

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

GODDELOSE MENSE:

goddelose mense, slegte mense, goddeloosheid, gruwel, ingesluiptes, onkruid, wolwe

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Goddelose mense is SLEGTE MENSE (-onregverdiges/Job 16:11; Matt. 13:49; Gen. 18:23)(die woord "goddeloos" beteken sleg, en verwys o.a. na die wat nie die Here vrees nie). Wat die "slegte visse" onder die kinders vd Koninkryk aanbetref, het Jesus geleer dat hierdie onregverdiges afgeskei sal word vd regverdiges wanneer Hy terugkom (en hulle sal in die vuuroond gegooi word)(Matt. 13:47-50). Goddelose mense word o.a. voorgestel as BOOS en "vyande vd Here" (en dus vyande van die regverdiges)(Es. 9:24,25; Nah. 1:2), maar hulle weg sal vergaan..,  hulle sal uitgeroei word vd aarde (Ps. 1:6; 37:34; Jud. 1:15; Sef. 1:3) - en ons sien dat die Here dit alreeds op verskeie male gedoen het! (bv. die sondvloed, Sodom en Gomorra, Korag se bende.../Gen. 18:20-33; 19:13,24; Num. 16:2,3,10,11; 2 Pet. 2:5; 3:6) - en Hy gaan dit weer doen! (2 Pet. 3:7)("wanneer die goddelose die maat volgemaak het").

Daar is heelwat groepe wat onder die "goddeloses" getel word, o.a. verleiers soos valse profete, die ongeregtiges, die wederstrewig en eiesinniges, die wat nie die Here as bron gebruik nie/afgodedienaars, die onregverdiges, die wellustelinge en sodomiete, murmureerders en lasteraars en kwaadsprekers, die wat die Here verag/teestanders/vyande van God (en van Sy volgelinge), trotsaards en gierigaards, rowers en diewe, hoogmoediges, geweldenaars en moordenaars, die wat hulleself mislei, die wat rykdom begeer, ens. (Ps. 73:12; 36:5; 71:4; Hand. 2:23; 20:29; 2 Tim. 3:13; Ps. 10:5,6,8-10; 17:9-12; 35:3; 37:21; 71:4; Spr. 10:11; 13:5; 17:23; Jud. 1:4; Jer. 13:10; 1 Sam. 24:12-14; 1 Kron. 18:1; 2 Kron. 19:2; 24:7; 2 Sam. 24:14; Num. 16:2,3,10,11; Jud. 1:14-16; 1 Kor. 6:8-10; Gen. 8:23; Mal. 3:18; ens.).  Kyk gerus hoe dit ooreenstem met spesifieke groepe in die Skrif wat genoem word "wie nie die Koninkryk sal beerwe nie"... (1 Kor. 6:10") - kortom, GODDELOSE MENSE SAL NIE DIE KONINKRYK BEERWE NIE (al beweeg hulle onder die kinders van die Koninkryk)(2 Pet. 2:9; 1 Kor. 6:8-10).

Die offer en wandel van die goddelose is vir die Here 'n GRUWEL (Spr. 15:8,9; 21:27) - hulle doen juis die dinge wat vir die Here afstootlik is, bv. trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,  ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,  een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai-Spr. 6:16-19. Goddelose mense/onregverdiges toon ook baiemaal die optrede waar hulle onregverdigheid regmaak en die regverdige skuldig verklaar (Spr. 17:15; 24:24), bv. om partydig te wees of omkoopgeskenke aan te neem, onregverdige wins maak, ens. (Spr. 24:23; Eseg. 22:27-29). In die boek van Judas word hulle o.a. beskryf as die wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:17,18) - bestudeer gerus die boek van Judas om meer te leer oor na wie "die goddeloses" verwys (bv. die ingesluiptes, die wat die genade van God verander in ongebondheid, die wat hulle eie beginsel nie bewaar nie, die wat agter vreemde vlees aan hoereer, die vlees in hulle dromerye besoedel, die heerskappy verag, lasteraars, vrugteloos, dwaalsterre, sinnelik, mumureerders, mense wat skeuring maak, ongehoorsames, ens. Alhoewel hierdie mense somtyds tussen die kinders vd Koninkryk beweeg, verloën hulle die Here en is ongelowig, en het nie die Heilige Gees nie.  Nog spesifieke groepe wat onder die goddelose gereken kan word, van mense wat o.a. onder die kinders van die Koninkryk beweeg, is "spotters", "onkruid" (is vals en deur die bose daar gesaai), "wolwe" (die valse profete), en "valse broeders".

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html

https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html

https://warechristene.blogspot.com/2021/12/die-boek-van-judas.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html

https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html

https://warechristene.blogspot.com/2025/04/wolwe-valse-profete.html

https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2021/12/koring-en-onkruid.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/01/ongebondenheid.html

https://warechristene.blogspot.com/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html

https://warechristene.blogspot.com/2024/01/laster-godslasterlik-kwaadspreek.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html

https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-toorn-van-god.html

https://warechristene.blogspot.com/2024/01/laster-godslasterlik-kwaadspreek.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/10/begeer.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html


https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/06/vriend-of-vyand.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/06/valse-broeders.html

Dinsdag 01 April 2025

Aanstoot

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AANSTOOT:

Aanstoot gee / aanstoot neem / tot aanstoot / aanstoot veroorsaak / 'n aanstoot wees

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Mense wat "aanstoot neem" of " 'n aanstoot is ", verwys oor die algemeen na mense wat ongelowig is of nie rein is nie;  bv., die wat aanstoot neem aan Jesus en aan die waarheid, is ongelowig... (kyk punt 1).  Die wat 'n aanstoot is is nie rein nie... (kyk punt 4). Die wat aanstoot veroorsaak (bv. teen die waarheid) kan veroorsaak dat ander afvallig word vd waarheid... (kyk punt 3). Die wat aanstoot gee, in die sin van iemand laat val, kan veroorsaak dat iemand sondig... (kyk punt 2). 

Die woord "AANSTOOT" is: 

(1) die Griekse woord "skan-dal-id'-zo" (soos skandalig), wat verwys na "om te vang , lok of verlei (tot sonde), afvallig of misnoeë... -   aanstoot neem (Mark. 11:6; 13:57; 15:12; 17:27; 26:31,33; Mark. 6:3; 14:27,29; Luk. 7:23; Joh. 6:61; Rom. 9:32,33; 14:21)(in hierdie konteks verwys dit veral na die wat afval a.g.v. ongeloof. Hulle stem nie saam met dit wat gese word of die manier van doen nie). Vgl. dit met Joh. 6:61 waarin Jesus se woorde baie van Sy volgelinge "tot aanstoot" was omdat hulle ongelowig was... (Joh 6:61 - "En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?")(daarom het hulle aanstoot geneem - misnoeë getoon, en baie van Jesus se volgelinge het terloops van daardie dag nie meer saam met Hom gewandel nie (Joh 6:64-66) - hierdie is baiemaal die gevolg van die wat aanstoot neem, is dat hulle hul afkeer (in hierdie sin, "afval van die geloof"). Kyk ook Matt. 26:30-35 - in hierdie geval sien ons hoe "aanstoot neem" veroorsaak het dat Jesus se dissipels Hom verraai het... - en hulle was verstrooi. Ongeloof het altyd hierdie tot gevolg, en dit is a.g.v. ongeloof wat hulle aanstoot geneem het. Jesus is self ook soos 'n "steen van aanstoot" omdat Hy die waarheid is (die Skrif leer terloops dat elkeen wat nie glo nie, m.a.w. die wat AANSTOOT NEEM (aan Hom), sal beskaam word... Rom 9:33).  Bestudeer ook die vb. in Matt. 11:2-6 (waar Johannes twee van sy dissipels stuur om seker te maak dat Jesus die Een is wat sou kom), waarin Jesus die volgende opmerking maak (Matt. 11:6 - "En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie") -die wat nie glo dat Hy die Seun van God en saligmaker is nie, sal aan Hom aanstoot neem ("aanstoot neem is 'n teken van ongeloof). Nog 'n vb. is in Matt. 13:54-57 ("En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis") - hulle het nie in Hom geglo nie, dit is hoekom hulle aanstoot geneem het.. Nog 'n vb. is in Matt. 15:5-14 ("Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?") - hulle het aanstoot geneem aan Sy woorde omdat hulle liewer menslike gebooie aangehang het as die waarheid.

(2) Die Gr. woord "pros'-kom-mah", wat verwys na "is tot aanstoot" - is 'n struikelblok (in hierdie konteks Rom. 14 is hulle gewaarsku om nie "tot aanstoot" te wees nie; in die sin van dat as iets vir iemand sonde is maar nie vir jou nie, moet jy nie vir hom 'n struikelblok wees om dit te doen, m.a.w hom lei om "te sondig" nie)(Rom. 14:20). Ons moet net eers vinnig onderskei tussen punt 1 en 2, want in beide gevalle verwys dit na "aanstoot gee", bv. die waarheid kan ook aanstoot gee..., maar die verskil is die waarheid gee nie aanstoot omdat dit "iemand kan laat sondig" nie (maar die rede hoekom iemand aanstoot neem in die waarheid is a.g.v. ongeloof - dit moet m.a.w. onderskei word van "swak geloof"). Punt 2 is 'n vb. van swak geloof (een glo nie hy mag iets doen, maar 'n ander glo hy mag). In hierdie geval is dit bv. verkeerd om iets doen wat "tot aanstoot" mag wees, bv. waar daar nie spesifieke wette neergele is (bv. in die N.T.) nie..., maar elkeen doen volgens wat sy gewete hom toelaat (bv. in die konteks van wat ons mag eet en wat nie, besnydenis, ens.). Ek mag bv. nie vir iemand verbied om vleis te eet as ek dink dis verkeerd nie; of as die ander persoon dit sien as verkeerd moet ek liewer nie vleis eet wanneer ons saameet nie (sodat ek "nie aanstoot gee nie";  m.a.w., vir hom is dit sonde, so ek moet nie veroorsaak dat hy vleis eet en dus sondig nie, want vir hom is dit sonde...).  Kyk Rom. 14:19-23 - elke Christen word in die gedeelte beveel om self te oordeel wat is vir hulle reg is om te eet en drink en wat nie, bv. vleis of wyn. Die rede hiervoor is deels om die vrede te bewaar... (Rom 14:19 - "Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien"). Jy mag miskien voel jy's vry om iets te eet, maar vir iemand anders wat nie vrede het daaroor nie, is dit sonde (omdat hy glo dis verkeerd, is dit vir hom verkeerd! - v. 21,22)  (en natuurlik, op ditto wyse mag hy ook nie jou vryheid bespied en aanstoot neem aan jou as jy glo dis reg om vleis te eet nie...)(Gal. 2:14; 4:9-10; 5:13; 2 Pet. 2:19; Hand. 15:24; ens.). Daar is ook 'n ander geleentheid waar Jesus vir ons gewys het wanneer ons "nie moet aanstoot gee nie", en dit is ook 'n geval van "vrede bewaar"...  Kyk Matt. 17 - alhoewel die wat van hulle verwag het om tempelbelasting te betaal verkeerd was, het Hy dit tog betaal sodat Hy hulle geen aanstoot gee nie... (Matt. 17:24-27)(vgl. dit gerus ook met die volgende tema: Matt. 5:42https://warechristene.blogspot.com/2013/02/gee-aan-hom-wat-jou-iets-vra.html). 

(3) Die Gr. woord "skan'-dal-on", wat verwys na "die wat AANSTOOT VEROORSAAK teen..." -  soos om 'n struikelblok of strik te wees (in hierdie konteks was hulle gewaarsku teen mense wat aanstoot veroorsaak teen "die leer", teen die waarheid - hulle kan veroorsaak dat ander van die waarheid afval)(Rom 16:17,18 - "En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges"). Die verskil tussen punt 2 en 3 is dat die wat dit doen in punt 3 opsetlik 'n struikelblok is, terwyl in punt 2 mense nie noodwendig bedoel om aanstoot te gee nie, maar is iets waarop broeders moet ag gee... (dat hulle dit nie doen nie). Punt 2 verwys na skape, en punt 3 verwys na valses/wolwe wat tweedrag saai en mense probeer afvallig maak van die gesonde leer.

(4) Die Gr. woord "ap-ros'-kop-os", wat verwys na "moet vir niemand 'N AANSTOOT WEES nie" (moet "sonder aanstoot" wees) - in hierdie konteks bedoelende "moet sonder fout wees"... (rein/ nie in sonde)(Fil. 1:9-11 - "En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God"). Die wat nie rein is nie, is soos suurdeeg in die kerk, wat " 'n aanstoot" kan wees, bv. dat hulle die hele deeg kan suurmaak (1 Kor. 5:6;Gal. 5:9). M.a.w., IN HIERDIE KONTEKS VERWYS die onreines in die kerk as mense wat " 'n aanstoot is " (hulle kan veroorsaak dat ander val (vgl. dit met punt 3).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2017/09/ongeloof.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/10/is-alles-vir-die-christen-rein.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html

https://warechristene.blogspot.com/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html

Maandag 17 Maart 2025

Aannemer van die persoon

 Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AANNEMING VAN DIE PERSOON:

Aanneming, Vergifnis, Guns, Vrees.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Rom 2:11; Ef. 6:9; 1 Pet. 1:17; Hand. 10:34,35).  God is nie 'n aannemer van die persoon nie (Rom 2:11), asof Hy sekere mense voortrek en ander nie... - maar Hy sal elkeen vergeld na sy werke (Rom. 2:6)("verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen"/v.9; "maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen"/v.10). Hoeveel guns die Here aan iemand bewys gaan nie oor status of hoeveel jy vir die Here werk/bedien of so nie, maar gaan oor of jy die Here vrees en Sy geregtigheid doen. Dieselfde tema word bv. ook aangeraak in Ef. 6 waar daar van Christen slawe verwag word om hulle Christelike here te gehoorsaam..., maar op dieselfde wyse verwag die Here van daardie leiers om Hom ook te gehoorsaam (Ef. 6:5-9). Hy trek nie die base voor bloot omdat hulle vir Hom werk of kyk na hoeveel hulle werk nie (Matt. 20:1-16), bv. verwag nie van hulle minder gehoorsaamheid (asof Hy meer guns aan hulle bewys nie), maar verwag dat hulle die Here gehoorsaam net soos daar gehoorsaamheid verwag word van die wat onder hulle dien (Ef. 6:9). 

God is nie 'n aannemer van die persoon nie, en Hy verwag dat Sy kinders dieselfde gesindheid toon! Mense val somtyds in hierdie strik, bv. dat hulle dink die Here verwag nie van hulle wat Hy van ander mense verwag nie (asof hulle meer verdien of verdien om voorgetrek te word). Die gevolg van so 'n miskonsepsie is gewoonlik dat hulle ander oordeel, bv. dat diesulkes van ander mense verwag om reg te doen maar hulle verwag dit nie van hullself nie... (Rom. 2:1-11)(hulle wil die splinter uit hulle broer se oog haal, maar dink dat God die balk in hulle eie oog sal oorkyk omdat hulle na hulle mening in Sy guns is). Christene wat nie broeders wil vergewe nie het ook baiemaal hierdie miskonsepsie; bv., dat hulle dink hulle self geregtig is op vergifnis maar die ander nie.  Of jy iemand vergewe, moet nie gaan oor wie jy voortrek of graag wil vergewe nie, maar gaan oor of die persoon berou het oor sy sonde... (Luk. 17:3,4). Die Here vergewe almal wat hulle sonde teenoor Hom bely en berou het, en Hy verwag dieselfde van ons! (tot 70 x 7 maal). Jesus voel sterk oor hierdie dinge en het o.a. geleer dat die wat nie vergewe nie ook nie vergewe sal word nie (Matt. 6:15; Matt. 18:35; Mark. 11:26); m.a.w., Hy verwag van ons ook om nie " 'n aannemer vd persoon" te wees nie (Matt. 18:21-35). 

Guns geskied op ditto kriteria vir alle mense. Die Here verwag van alle kinders van die Koninkryk om 'n heilige lewenswandel te leef (moet Hom vrees en Sy geregtigheid doen)(1 Pet. 1:14-17); nie net sommige gelowiges asof die Here 'n aannemer vd persoon is nie, maar Hy verwag dit van almal (1 Pet. 1:17)(Hand. 10:34,35 - "En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Urls op die WareChristene blog waarop hierdie onderwerp o.a. bespreek word, of onderwerpe wat hierby aanpas:
- https://warechristene.blogspot.com/2020/03/aanneming-tot-kinders.html


Saterdag 08 Maart 2025

Aanneming tot kinders

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo. 

AANNEMING TOT KINDERS:

Aanneming, Kinders van die geloof, Opstanding, Wegraping, Verheerlikte/Onverganklike liggame, Opstanding tot lewe, Kinders van die Opstanding, Eerste Opstanding

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kinders vd geloof:  Die wat aangeneem word tot kinders van God, verwys na die KINDERS VAN DIE GELOOF- hulle is die kinders van die belofte (Rom. 9:4-8). Alhoewel die belofte van aanneming tot kinders gemaak is aan 'n spesifieke geslag van mense op aarde, verduidelik Paulus in Rom. 9 dat "Israeliete" nie bloot verwys na die wat uit die vlees gebore is as Israeliet nie, maar veral verwys na die wat "KINDERS VAN DIE GELOOF" is (Rom. 9:6,7).  Hulle is die ware nageslag... (Rom. 9:8). 

Erfenis: Die wat deur God AANGENEEM word TOT KINDERS is noodwendig die wat eendag gaan ERF (Openb. 21:7), en hulle kry dus onverganklikheid (kyk die tema van weergeboorte en opstanding). Hierdie verwys na die wat in Christus gedoop (en met Hom beklee) is (Gal. 3:15-29). Jesus is die erfgenaam (Hebr. 1:1,2; 2:8,9; Ps. 2:6,9; Matt. 21:38; 28:18; Joh. 13:3; Kol. 1:17,18), so as jy wil erf moet jy aan Hom behoort! en die Heilige Gees ontvang (Joh. 17:2; Rom. 8:17; 1 Kor. 3:23; 15:23; Ef. 3:6)(Gal 3:16).  'n Dienskneg kan nie erf nie... (daarom, as jy bv. "onder die wet" is kan jy nie erf nie, want dan is jy soos 'n dienskneg)(Rom. 4:13,14), maar as jy "onder die Gees" is (dus onder Jesus Christus, wie ook aan jou die Heilige Gees gee) dan is jy kind en kan dus erf (Gal. 4:1-7). Dit is die manier deur die Vader geskep hoe iemand aangeneem kan word, en dit is deur geloof in die erfgenaam Jesus Christus - deur geloof ontvang jy kindskap (Rom. 15:7 - word deur Jesus aangeneem) en word onder die kinders van die belofte ingedoop (Gal. 3:7);  in ander woorde, as jy aan Hom behoort dan is jy deel van die wat gaan erf... (Gal 3:29). Die wat die Heilige Gees ontvang het en hulle deur die Gees laat lei, word dus alreeds gesien soos kinders van God (Rom 8:14-16; Gal. 4:5);  alhoewel hulle aanneming eers voltrek word in die opstanding omdat hulle nog verganklike liggame het (Rom. 8:23). Die wat die Heilige Gees ontvang het word dus alreeds gesien soos kinders van God en mense wat deur Hom aangeneem is (Rom_8:15).  Die begrip "aanneming tot kinders" verwys dus veral na die wat hulle deur die Gees van God laat lei... (Rom. 8:14)(nie die ongehoorsames, onbarmhartiges, afvalliges en goddelose nie);  of anders gestel, die wat die Heilige Gees ontvang het is die wat aangeneem word en die aanneming word in die opstanding voltrek... (Rom 8:15-17). Weergeborenes word deur die Heilige Gees in bewaring gehou tot die dag waarop hulle liggame ook verlos sal word (wanneer hulle onverganklike liggame kry)(Gal. 4:4-7; Ef. 1:7; Kol. 1:14; Hebr. 9:12,15).  

Aanneming word in die opstanding voltrek: Ons moet verstaan dat alhoewel "geestelike mense" alreeds gesien word soos kinders van God en deur Hom aangeneem omdat hulle sondes afgewas en hulle die Heilige Gees het (vernuwe is)(Rom 8:14,15)(hulle is soos mense gebore uit Hom/Joh. 3:3-8;1Pet. 1:23;Tit. 3:5, en kinders van Jesus Christus/Gal. 3:27, en van Sy vlees en bene/Ef, 5:30) en dus die belofte het van erfenis (is uit Hom gebore)(Rom. 8:17) en ewige lewe (gebore uit onverganklike saad), is hulle uiterlike mens (wat somtyds bloot na verwys word as "die liggaam") nog nie vernuwe nie (is verganklik - gaan dood). Die begrip "aanneming tot kinders" kan dus o.a. beskryf word as die tyd wanneer die liggaam verloword... (Rom. 8:23)(sien "die OPSTANDING"), want die "aanneming tot kinders" word dan eers volkome voltrek (wanneer die mens 'n onverganklike liggaam kry). Noodwendig kan die natuurlike mens nie erf nie want hy is verganklik!;  maar KINDERS VAN DIE GELOOF (kinders vd belofte) kan onverganklikheid verkry;  anders gestel, hulle het die belofte dat hulle eendag onverganklike liggame sal kry (en dit sal op beurt ook 'n bewys wees dat hulle AANGENEEM IS). Die OPSTANDING is beslis iets waarna weergeborenes uitsien, want die AANNEMING (Gr. woord "hwee-oth-es-ee'-ah", wat verwys na hoe iemand 'n seun of kind word) TOT KINDERS (Rom. 8:15) word dan voltrek... (Rom_8:23)

Onverganklikheid: Die begrip "aanneming tot kinders" (van God) verwys na hoe iemand deel word van die Here se familie (wat o.a. verwys na die wat onverganklikheid verkry-Rom. 8:15,23) -  "wie se kind jy is" (wie se saad in jou is) bepaal dus of jy eendag gaan erf of nie (Rom. 8:15).  Dit is waarom die mens nodig het om deur God aangeneem te word..., want solank jy 'n kind van Adam (verganklik) is kan jy nie erf nie - in ander woorde, vlees en bloed kan nie die Koninkryk beërwe nie... (1Kor. 15:50)(en die rede hiervoor is veral omdat die mens verganklik is - is uit Adam se saad gebore). Slegs mense wat uit God se saad gebore is en dus onverganklikheid het, kan eendag erf... Die wat eendag "opstaan tot lewe" sal onverganklike liggame kry wat vir ewig lewe, en tereg! want dit is wat van "kinders van God" verwag word..., is dat hulle vir ewig sal lewe omdat hulle gebore is uit onverganklike saad (wat noodwendig beteken dat hulle dan onverganklik is...).  Hierdie kan alreeds gese word van die innerlike mens vd weergeborene;  of liewer, die innerlike mens word dag na dag vernuwe... (2Kor. 4:16; Tit. 3:5; Rom. 7:22; 12:2; Ef. 3:16; 4:23,24; 1 Pet. 3:4; Kol. 3:10)(Ef. 2:11-15), en is daarom instaat om "vrug tot (ewige) lewe" te dra. In daardie opsig is die nuwe lewe soos iets wat weergeborenes daagliks aantrek (om dit beter te verstaan, bestudeer die tema van bekleding en wat dit beteken om "met Christus beklee" te wees) en wanneer Jesus terugkom sal die uiterlike mens ook vernuwe word. Geestelike mense word o.a. gesien as mense wat God se saad in hulle het (is gebore uit Sy onverganklike saad - is dus "onverganklik"), maar duidelik is geestelike mense (gereddes/weergeborenes) se uiterlike (liggame) nog nie vernuwe nie! (want as dit was sou hulle nie doodgaan nie...);  en daarom kan die "aanneming tot kinders" eers in die opstanding voltrek word. Dit is waaroor weergeboorte gaan... - wanneer iemand deur God "aangeneem word" verkry hy onverganklikheid... (kan nie doodgaan / kry ewige lewe) - dit is soos "om oor gebore te word", maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie, maar uit God se saad (deur water en Gees / afwassing van sonde wat deur Jesus verkry word, en Jesus gee die Heilige Gees aan die wat in Hom glo).  Die innerlike mens sowel die uiterlike mens moet dus vernuwe word voor iemand kan erf... (voor jy kan erf moet jy aangeneem word as kind, en die manier hoe jy kind word is deur die vernuwing). Die manier hoe die mens maw vernuwe word en onverganklikheid verkry, is deur "weergeboorte" (deur water en Gees)(water=afwassing van sonde, en gees=ontvang die Heilige Gees), en diesulkes het dan die belofte dat hulle uiterlike mens ook vernuwe sal word wanneer Jesus terugkom - dan sal Hy vir die wat in Hom glo nuwe onverganklike liggame gee ((1) die wat in Hom gesterf het sal opgewek word uit die dood-verwys na "die opstanding", (2) en die gelowiges wat dan nog in die lewe, se liggame sal ook verander word-verwys na die "wegraping").

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Urls op die WareChristene blog waarop hierdie onderwerp o.a. bespreek word:

(https://warechristene.blogspot.com/2020/03/aanneming-tot-kinders.html)

(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2023/01/hoe-om-deel-te-word-van-die-koninkryk.html)

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2025/01/verskil-tussen-uiterlike-innerlike-mens.html

Dinsdag 04 Februarie 2025

Aankondig

Aankondig

Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop verskillende onderwerpe o.a. bespreek word in poste op die WareChristene blog, klik op die alfabetiese blaaie hierbo.

AANKONDIG / AANGEKONDIG / AANKONDIGING: 

Die begrip aankondiging word hier bespreek veral in konteks met die "laaste basuin".

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wanneer iets aangekondig word gaan 'n woord uit, bv. 1 Kon. 13:3,5 (in hierdie geval het die Here iemand gestuur om iets aan te kondig, bv. van wat sal gebeur).  Waar die woord as "aan(ge)kondig" gebruik is in die AOV is dit nie altyd ditto Hebr. of Gr. woord wat gebruik is nie, en word bv. in verskillende beskrywende woorde vertaal in die KJV;  bv. in Hand. 3:24 word dit in die engels vertaal as "foretold/voorspel" (Gr. woord "prok-at-ang-ghel'-lo", voorspel, gee kennis van iets voor dit gebeur);  in Hos. 7:12 word dit vertaal as "heard/gehoor" (Hebr. woord "shay'-mah", geraas, hoor, harde geluid, verslag gee, spraak, tyding bring, ens.);  in 1 Kon. 13:3 as "spoken/gespreek" (Hebreeuse. woord "daw-bar'", antwoord, aanstel, gebied, opdrag gee, praat, spreek, leer, vertel, ens.)(kyk ook Hebr. 9:19 - Gr. woord "lal-eh'-o", preek, se, praat, uiter, vertel); in 1 Kon. 13:5 as "given/gegee" (Hebr. woord "naw-than'", aanwend, aanstel, skenking, le neer op, aflewer, ens.);  in 1 Pet. 1:12 as "reported/rapporteer" (Gr. woord "an-ang-el'-lo", verklaar, verslag gee, wys, spreek, repeteer, vertel);  in Deut. 13:1 as "given"; in Matt. 12:18 "shew"...

Hoekom "aankondiging" hier in konteks gebring word met die laaste basuin, is omdat die blaas vd basuin soos 'n AANKONDIGING is (bv., gee kennis van iets voor dit gebeur, of wanneer iemand op hierdie manier verslag gee van iets of 'n tyding bring) - iemand spesifiek kry die opdrag om die aankondiging te doen, en dit word op 'n spesifieke manier gedoen bv. deur die blaas van die basuin, en dit is om mense se aandag te kry. Die "blaas van die basuin" was terloops iets wat deur God self ingestel was vir die volk (Num. 2:10)(was bv. 'n manier hoe die volk byeen geroep is om die laers in die woestyn te laat opbreek, maar dit is ook gebruik in feesfieringe en om die begin van elke fees en die begin van maande AAN TE KONDIG;  die basuin was ook geblaas op Versoendag, bedoel om die volk in gedagtenis te bring voor die Here). Waar God aan die volk verskyn het op die berg in die woestyn (Eks. 19:16,19; 20:18) het dit ook gepaard gegaan met 'n BASUIN. Die "alarm blaas" of "basuin" is 'n manier wat die Here gebruik om mense se aandag te kry, hetsy aankondiging of waarskuwing. Die opstanding (asook wegraping wat daarmee gepaard gaan) sal ook aangekondig word met 'n basuin, en word terloops gemeld dat dit sal plaasvind "met die laaste basuin" (1 Kor. 15)(vgl. dit met die "7 basuine onder die 7de seel" in die boek van Openb.). Die 7 basuine wat in Openb. 8 beskryf word is ook 'n AANKONIDIGING VAN GEBEURE... (bv., die blaas van die basuine deur die engele is om kennis te gee of aan tekondig/te waarsku wat volgende gaan gebeur). Die Here se wederkoms sal ook aangekondig word met 'n basuin! (Sag. 9:14 - waarin terloops beskryf word asof dit deur die Here Homself geblaas sal word) - vgl. dit met 1 Thess. 4:16,17  wat verklaar dat die Here self sal van die hemel neerdaal MET 'N GEROEP, met die stem van ‘n aartsengel EN MET GEKLANK VD BASUIN van God (en terloops, dan volg die opstanding en dan die wegraping...). 

___________________________________________________________________________________

Urls op die WareChristene Blog waarop hierdie onderwerp o.a. bespreek word:

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/07/die-geklank-van-die-basuin.html



Afdwaal

  Daar word deurgaans gewerk op die beskrywing van onderwerpe op hierdie blog. Vir 'n lys van urls waarop hierdie verskillende onderwerp...